Gebrek aan gesondheidswerkers skets donker prentjie vir Afrika
’n Bykomende 1,8 miljoen gesondheidswerkers sal benodig word om teen 2030 universele gesondheidsdekking op die Afrikavasteland moontlik te maak, sê die direkteur-generaal van die Afrika-sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (Africa CDC), dr. Jean Kaseya.
Hy sê ook dat die tekort aan gesondheidswerkers na verwagting teen dieselfde jaar 6,1 miljoen sal bereik.
“Dit sal vererger word deur die herhaalde noodtoestande vir openbare gesondheid wat ons daagliks in die gesig staar,” sê hy.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê navorsing deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) wat toon dat Afrika 1,55 gesondheidswerkers per 1 000 van sy bevolking het, teen die drempel van 4,45 gesondheidswerkers wat deur die WHO aanbeveel word, is kommerwekkend.
“Dié ernstige tekort aan gesondheidswerkers in Afrika ondermyn toegang tot en voorsiening van gesondheidsdienste op die vasteland,” het hy gesê.
Die reusetekort aan gesondheidswerkers in Afrika het volgens Kaseya sy oorsprong in verskeie faktore, soos onder meer gesondheidstelsels wat te min finansiering ontvang, onvoldoende opleidingskapasiteit, swak vergoeding van gesondheidswerkers, ’n vinnige bevolkingsgroei en die swak bestuur van gesondheidswerkers.
Kaseya voer aan dat die sienswyse rondom gesondheidsorg in Afrika en die finansiering daarvan moet verander.
“Van die ministers wat hier is weet dat jy moeilike gesprekke met jou ministers van finansies moet voer omdat hulle steeds glo die gesondheidsektor is ’n las,” het hy gister by die bekendstelling van die Afrika Beleggingshandves vir Gesondheidwerkers in Windhoek gesê.
Hy sê verskeie studies toon dat beleggings in die gesondheidsektor ’n aansienlike opbrengs op belegging bied met soveel as nege keer die beleggingsbedrag in ruil daarvoor.
Namibië se eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het by die geleentheid gesê voldoende belegging in die gesondheidsektor is slegs een van die stappe wat gedoenh moet word om omvattende gesondheidsorg in Afrika en Namibië te verskaf.
“Talle van die fasiliteite waar hulle werk is verouderd, wat die kwaliteit van die diens wat gelewer word, verswak.
“Daar is ’n gebrek aan ervare professionele mense wat opleiding verskaf aan die jonger geslag wat tot die gesondheidsdissiplines toetree.
“Die vergoedingspakkette in talle openbare gesondheidsdienste kan nie met die pakkette in die private sektor meeding nie,” het sy gesê.
Die vervaardiging van farmaseutiese produkte in Afrika is volgens dr. Kaseya die “tweede onafhanklikheid” van Afrika.
“. . .dit sal die versekering van gesondheid, werkskepping, ekonomiese groei, vrede en stabiliteit bring,” het hy gesê.
Hy verwerp berigte in die Britse media wat beweer dat die droom om farmaseutiese produkte in Afrika te vervaardig net ’n pypdroom is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie