Gee meisies hul waardigheid terug
“Menstruasie is die basis van die menslike spesie en ons praat nie daaroor nie. Ons moet teen hierdie diskriminasie baklei, seuns en meisies moet ‘n duidelike begrip hê van hoe menstruasie werk.”
So sê die voormalige onderwyser en stigter van Ann Pads, Hermine Bertolini, wat die kelder van haar huis omskep het in ‘n klein fabriek waar ses opgeleide plaaslike inwoners sedert 2018 wasbare sanitêre doekies maak.
Volgens Bertolini is maandstonde-armoede ‘n wrede werklikheid vir duisende meisies wat nie basiese sanitêre doekies kan bekostig nie. As gevolg hiervan word hulle gedwing om van onveilige en onhigiëniese metodes gebruik te maak soos die gebruik van enige beskikbare lap, ou T-hemde, sokkies en selfs koerante. Die gevolg is dat baie meisies uit die skool bly om vernedering of enige glipse te vermy.
As ‘n meisie elke maand in ‘n trimester vir ‘n week uit die skool bly, beteken dit sy loop ‘n hele maand se skoolklasse mis, sê Bertolini.
Om ‘n verskil te maak
Met dit in gedagte het Bertolini Ann Pads begin om aan vroue en meisies hul waardigheid terug te gee en veral dié wat nie bevoorreg genoeg is om ‘n pakkie weggooidoekies vir elke siklus te kan koop nie.
“Om die gebrek aan bekostigbare sanitêre doekies te takel, het ons besluit om wasbare doekies te maak en weer bekend te stel teen ‘n koste van N$25 per doekie. Dit is nie ‘n nuwe ding nie en daar is hierdie wanvoorstelling dat dit net vir die armes is. Voor die aankoms van weggooibare doekies wat jare vat om te verdwyn, het ons wasbare doekies gebruik,” het Bertolini gesê.
Sy plaas die blaam vir die land se hoë tienerswangerskapsyfer en maandstonde-armoede op die gebrek aan onderrig en het ‘n boek, Anne's Journey to Womanhood, geskryf om juis dié kwessie te takel en mites uit die weg te ruim wat met die menstruele proses verband hou.
Hoewel dit volgens haar goed is om te sien dat beide openbare en privaat instellings ‘n helpende hand uitsteek om weggooibare doekies aan minderbevoorregte skoolmeisies oraloor in die land te skenk, is dit volgens haar ‘n korttermyn-oplossing.
“Ek daag skenkers uit om weg hiervan te beweeg en eerder ‘n wasbare, duursame en ekovriendelike alternatief te oorweeg wat vrylik beskikbaar is.”
Bertolini het ‘n skenking van ‘n ton verfynde sout van Walvis Bay Salt Refiners ontvang wat volgens haar gebruik kan word om die sanitêre doekies te onstmet wat hulle vervaardig.
“Die gebruiker kan dit in water laat lê waarin sout opgelos is. Hoewel sonlig steeds die beste is, kan seep en sout as alternatiewe gebruik word. Sout verwyder vlekke, absorbeer vloeistowwe maklik en maak kieme en bakterieë dood. Deur dit saam met suurlemoensap en asyn te gebruik, word dit ‘n nog sterker skoonmaakmiddel,” het Bertolini verduidelik.
Ann Pads bevat vier sanitêre doekies van verskillende groottes en diktes om te verseker die gebruiker was dit net vier tot vyf keer per maand.
“Die hoofeienskappe van ‘n goeie wasbare sanitêre doekie is die bestuur van vog en goeie absorbeervermoë. Ons doekies word gemaak van hoë kwaliteit materiale en as dit goed versorg word, kan dit maklik vir vier of meer jaar gebruik word. Ons het ook ‘n drukknoop bygevoeg sodat die doekie nie beweeg as die meisie aktief is nie,” het Bertolini verduidelik. Walvis Bay Salt Refiners se besturende direkteur, André Snyman, het op sy beurt gesê die Namibiese kind is die hooffokus van die maatskappy se korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid.
“Dit is ‘n klein bydrae tot ‘n reusebehoefte. Al ons projekte fokus op kinders en die versoek vir hulp wat ons ontvang het, was volgens hierdie kriteria,” het hy gesê.
Vir navrae kan Bertolini bereik word by 081 287 8516 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie