'Geen pasiënt sterf terwyl hul wag nie'
Hospitaal behoort nie aan ministerie
Interne dissiplinêre stappe gaan geneem word om dié verantwoordbaar te hou wat 'n kritieke pasiënt by die St. Mary's Hospitaal op Rehoboth weggewys het.
Henriette Lamprecht – Geen pasiënt het al by die St. Mary’s Hospitaal op Rehoboth gesterf terwyl hulle op behandeling gewag het nie. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is 35 sterftes die afgelope vyf jaar egter by die hospitaal se departement vir buitepasiënte aangeteken. Laasgenoemde word volgens die minister nie geklassifiseer as “sterftes met aankoms nie”, maar persone wat gesterf het terwyl hulle in ’n hospitaal-omgewing versorg is.
Shangula het verwys na ’n private pasiënt wat by St. Mary’s aangemeld en deur ’n verpleegster na sy private dokter se spreekkamer verwys is omdat dit tydens kantoorure was. Die pasiënt en sy familie was ontevrede met dié besluit omdat hulle gevoel het hy was kritiek en het dit op sosiale media geplaas.
Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die evaluering van die betrokke pasiënt “minder as voldoende” was, veral met betrekking tot die aantekening van noodsaaklike statistiek van die pasiënt. Shangula sê interne dissiplinêre stappe gaan geneem word om dié verantwoordbaar te hou wat hul plig sou versaak het.
Hy het in die Nasionale Vergadering gereageer op vrae deur Reggie Diergaardt van die Popular Democratic Movement (PDM) oor ongevalle- en nooddienste by die St. Mary’s Hospitaal. Diergaardt wou onder meer weet hoekom pasiënte wat in ’n kritieke toestand is, weggewys word by ongevalle en hoeveel pasiënte het al by die ongevalle-afdeling gesterf terwyl hulle vir behandeling gewag het.
Die huidige personeel by die hospitaal bestaan uit drie mediese beamptes, 23 geregistreerde verpleegsters, asook 33 ingeskrewe verpleegsters. Bykomend tot dié personeel is twee mediese beamptes van die staat wat by die gesondheidsentrum op die dorp uitgeplaas is en wat ook mediese dienste by die hospitaal verrig en deel van ’n uitroeprooster is.
Vyf verpleegsters is daagliks op ’n skof in die ongevalle-afdeling en afhangend van personeelskofte, kan die beskikbare aantal deur die dag verskil. Dit kan of drie verpleegsters in die oggend en twee in die middag of andersom wees om te verseker hulle werk 40 ure per week. Tydens aandskofte is net twee verpleegsters en een staatsdokter aan diens.
Shangula sê werksdoeltreffendheid by die hospitaal is “goed” en gevalle wat personeel by die distrikshospitaal nie kan hanteer nie, word gestabiliseer en verwys na spesialiste by verwysingshospitale in Windhoek.
Sy ministerie het in ’n poging om personeeltekorte landswyd te takel posisies geïdentifiseer wat afgeskaf moet word in ’n poging om nuwe poste vir kliniese personeel te skep in lyn met die beginsel van vrywillige vermindering. St. Mary’s vorm deel van dié proses. Die aantal kliniese personeel wat vir die hospitaal versoek is, is ses mediese beamptes, 21 geregistreerde verpleegsters en 15 ingeskrewe verpleegsters.
Shangula het beklemtoon die hospitaal behoort nie aan die ministerie, maar aan die Rooms-Katolieke Mediese Diens. Hoewel die ministerie die hospitaal “100%” subisidieer vir personeel en bedryfskoste, is dit nie vir die bestuur van die hospitaal verantwoordelik nie. Volgens hom word pasiënt met hul aankoms eers deur verpleegsters geëvalueer en dan na mediese beamptes verwys. Shangula het beklemtoon pasiënte word nie weggewys nie, omdat dit teen die etos vir die versorging van siekes en in teenstelling met die eed is wat gesondheidswerkers aflê.
Hy het verduidelik baie gevalle wat by gesondheidsgeriewe aanmeld, is “cold cases” en wel individue wat by ongevalle by hospitale aanmeld nadat hulle die rye by gesondheidsentrums en klinieke gesystap het.
“Ná evaluering kan dié gevalle na ’n kliniek of gesondheidsentrum vir gepaste behandeling verwys word in ’n poging om pasiënte by ongevalle te verminder sodat net noodgevalle hanteer kan word. Personeel het ’n plig om noodgevalle te prioritiseer,” het Shangula gesê.
Volgens hom gebeur dit dat sommige private pasiënte nie wil wag nie en ook nie kritieke pasiënte is nie.
“Hulle verwag van personeel om staatspasiënte te los om hulle te help. Wanneer dit nie gebeur nie, lei dit soms tot verbale mishandeling en beledigings.”
Die minister sê private pasiënte se dokters werk uit hul spreekkamers tydens werksure en word na die ongevalle-afdeling geroep om hul pasiënte te sien wat in ’n kritieke toestand is. Sommige private dokters verkies dat hul pasiënte, sou hul stabiel genoeg is, na hul spreekkamers tydens werksure in plaas van die hospitaal gaan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie