No Image Caption

Genoeg entstowwe beskikbaar vir Covid

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Namibië het genoeg entstowwe in voorraad vir inwoners wat hulle teen Covid-19 wil laat inent of ’n opvolgspuit teen die siekte wil hê.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se woordvoerder, Walters Mashazi Kamaya, sê enige nuwe bestellings vir entstowwe word gebaseer op die toename in gebruik, of nie, van inwoners wat vir immuniserings gaan.

“Ons werk met dit wat ons het. Ons wil nie belastingbetalers se geld mors nie. Solank mense weet ons het voorraad,” het Kamaya gesê.

Volgens hom is entstowwe by openbare gesondheidsinstellings beskikbaar. Op ’n vraag of inwoners vir ’n tweede opvolgspuit kan gaan, het Kamaya gesê twee spuite in byvoorbeeld die geval van Sinopharm en ’n opvolgspuit beteken die kursus is voltooi en inwoners behoort dan “genoegsaam gedek te wees”.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en die ministerie se Covid-19-verslag vir die tydperk 22 tot 28 Mei was die Pfizer- en AstraZeneca-entstowwe nie toe in voorraad nie. In dieselfde tydperk is 132 nuwe Covid-19-gevalle bevestig, waarvan 14 herinfeksies was. Die aktiewe gevalle het toe op 153 gestaan, terwyl 61 herstel het. Twee Covid-19-verwante sterftes is in dié week aangemeld, terwyl 542 eerste dosisse, 17 tweede dosisse en 262 opvolgspuite toegedien is.

Die aantal bevestigde gevalle in die betrokke week het met 170,4% gestyg teenoor die vorige week. Die WHO en die gesondheidsministerie raai ook kontakte en vermoedelike Covid-19-gevalle aan om te isoleer.

Die WHO het in Mei amptelik verklaar dat Covid-19 nie langer ’n openbare noodgesondheidskwessie van internasionale kommer is nie. Dit het ’n einde gebring aan die noodreaksietydperk wat op 30 Januarie 2020 afgeskop het. Die WHO-verklaring het saamgeval met die organisasie se nuwe strategie om weg te beweeg van ’n noodreaksie tot ’n langer termyn volgehoue bestuur van die siekte. In die praktyk beteken dit Covid-19 het steeds die status van ’n pandemie en lande gaan voort om self te besluit om dit as ’n noodgeval te hanteer, of nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!