Gesondheidsministerie wil 1 800 poste skep
'Doeltreffende beplanning nodig'
Die minister het erken die land sukkel met 'n tekort aan gesondheidsdienswerkers.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste het die kantoor van die eerste minister (OPM) versoek om 1 784 poste af te skaf en 1 871 nuwe poste te skep, wat ’n netto wins van 87 poste tot gevolg het.
Volgens die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het sy ministerie ook 1 493 bykomende poste en 861 posisies vir nuwe dienste geïdentifiseer wat nodig is om in pas te wees met die plaaslike bevolking se huidige behoefte aan gesondheidsdienste.
Shangula het dié opmerkings gemaak tydens die ministeriële beplannings- en finansiële bestuursvergadering waartydens hy die finalisering van werwingsplanne vir die finansiële jare 2024-’25 en 2025-’26 bekend gemaak het.
Die minister het erken die land sukkel met ’n tekort aan gesondheidsdienswerkers, met die ministerie se besluit om die poste te skep wat deel vorm van pogings om die tekorte uit die weg te ruim.
“Dit is deur doeltreffende beplanning en gesonde finansiële beplanning dat ons die sukses van ons gesondheidsbedryf kan verseker.
“Doeltreffende finansiële beplanning is die hoeksteen om ons doelwitte te bevorder en dit in tasbare uitkomste te omskep wat lewens verbeter en gesondheidsgelykheid bevorder,” het hy gesê.
Volgens Shangula het die ministerie vergader om ’n bestekopname van die jaar te doen en na die toekoms te kyk oor hoe dit kan voortgaan om te verbeter, uit te brei en die verskaffing van openbare gesondheids- en maatskaplike dienste ’n hupstoot kan gee om in die behoeftes van inwoners landswyd te voorsien.
“Ons doelwit is om ’n pad uit te lê wat ons in staat sal stel om dienste te verbeter en hulpbronne doeltreffend te bestuur om getrou te bly aan ons kerndoelwit.
“Dit is toeganklike gehalte- gesondheids- en maatskaplike dienste wat aan die behoeftes van ons bevolking voldoen,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg pogings om kritieke kwessies te takel, soos die vermindering van sterftes onder swanger vroue, sowel as neonatale en kindersterftes, word ook deur middel van strategiese beplanning en begrotings verfyn om in programme soos omvattende neonatale sorg asook sorg vir swanger vroue te belê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie