Gesondheidspersoneel kry naamplaatjies
Hupstoot vir dienslewering
'n Ontevrede lid van die publiek het die reg om die swak gedrag van enige personeellid by die kliëntedienskantoor by die gesondheidsinstelling aan te meld.
In ’n poging om dienslewering in die openbare gesondheidsorgbedryf ’n hupstoot te gee, sal personeel in staatshospitale en -klinieke voortaan naamplaatjies moet dra.
Dit is deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula bekend gemaak tydens die bekendstelling van die ministerie se kliëntedienshandves.
Volgens Shangula verteenwoordig die handves meer as net woorde op papier en beklemtoon dit is ’n “kollektiewe verbintenis en onderneming om die Namibiese mense tot die beste van ons vermoë te dien”.
Die uittredende minister het gesê dit is belangrik dat, wanneer enige pasiënt in ’n situasie is waar hul behoeftes nie erken word nie of hulle swak of op ’n onaanvaarbare maniere behandel word, hulle moet weet dat hulle ’n toevlug het.
“Dit is om hierdie rede dat elke personeellid verplig word om ’n identifikasieplaatjie te dra wat sy of haar naam vertoon.
“’n Ontevrede lid van die publiek het die reg om die swak gedrag van enige personeellid by die kliëntedienskantoor by die gesondheidsinstelling, of by die hoof of die persoon in beheer van die instelling aan te meld.
“Op dieselfde wyse verwelkom ons terugvoering van lede van die publiek oor die kwaliteit van ons werk,” het Shangula gesê.
Die ministerie, het hy gesê, het ook begin om die kwaliteitstandaarde vir gesondheidsinstellings te implementeer met die doel om te verseker dat diensstandaarde oor alle vlakke verbeter word.
Die inisiatief is aanvanklik by ses gesondheidsgeriewe begin, maar is nou na ’n totaal van tien geriewe in verskillende dele van die land uitgebrei.
Shangula het ’n beroep op alle personeel in die openbare gesondheidsektor gedoen om die beginsels van die handves te omarm.
Hy het ook pasiënte aangemoedig om die ministerie verantwoordbaar te hou en het ’n beroep op die publiek vir hul samewerking gedoen. Die minister het beklemtoon gesondheidsgeriewe is plekke van genesing waar wedersydse respek noodsaaklik is.
Hy het ook die belangrikheid daarvan beklemtoon om elke optrede in lyn te bring met die ministerie se visie van toeganklike, bekostigbare en hoëgehalte-sorg vir almal in ooreenstemming met die handves.
Laasgenoemde is die gevolg van ’n konsultasieproses wat pligte uiteensit vir elke vlak van die gesondheidsorgstelsel en van personeel in landelike gebiede tot nasionale verwysingshospitale.
“Dit hou verband en wissel van professionaliteit tot ware sorg in elke interaksie en elke omgewing.
“Dit sluit byvoorbeeld in wanneer ’n pasiënt instap by die deur van enige gesondheidsinstelling en behandel en hanteer moet word as ’n individu wat respek, waardigheid en kwaliteitsorg verdien en nie ’n blote statistiek is nie, het Shangula verduidelik.
Hy het bygevoeg daar moet altyd doeltreffende kommunikasie wees en relevante gesondheidsinligting en onderrig moet gedeel word op ’n manier wat maklik verstaanbaar is.
“Dit is om te verseker pasiënte is ingelig en verstaan hul gesondheidstoestand of siekte en is bemagtig om nie net ingeligte besluite te neem nie, maar ook om hul samewerking met voorgestelde gesondheidsingrypings te verseker.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie