mohss
mohss

Gesondheidsvoertuie op Langstrand deel van opleiding

Henriette Lamprecht
Voertuie van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste wat op sosiale media gewys word waar dit in die sand by Langstrand vasval, is deel van ’n goedgekeurde opleidingsoefening vir defensiewe bestuur (defensive driving). Die ministerie se adjunk uitvoerende hoof en hoofondersoeker, Petronella Masabane, het na aanleiding van die plasings op sosiale media gesê die opleiding vind in verskillende dele van die land plaas om bestuurders vertroud te maak met verskillende tipes terrein en toestande.

“Hoewel die bestuurders ’n spesifieke werkstasie het, is hul werk nie net tot ’n spesifieke streek of geriewe beperk nie. Verlede jaar was die opleiding in Khomas,” het Masabane gesê.

Sy het beklemtoon die ministerie se ontwikkelingsvennoot en skenker van die betrokke voertuie het geen beswaar teen die gebruik daarvan vir die opleiding gehad nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!