medisyne
medisyne

Heritage Health seëvier in hof

Appèlaansoek suksesvol
Volgens die hooggeregshof se uitspraak is die registrateur van mediese fondse ook nou opdrag gegee om sy besluit oor die selffinansieringsgaping te heroorweeg.
Henriette Lamprecht
Heritage Health se appèlaansoek teen die Registrateur van Mediese Fondse en die Namibië Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) in die hooggeregshof wat fokus op die jaarlikse verhoging van premies en sy selffinansieringsgaping was suksesvol.

Die uitspraak ten gunste van die mediese fonds is die einde van ’n hofgeding wat so ver strek as 2018, nadat die registrateur Heritage Health se aansoek vir sy jaarlikse verhoging van premies vir 2019 afgekeur het.

Die kern van die hofaansoek was of die verhoging ’n wysiging van die fonds se reëls is en sodoende die goedkeuring van die registrateur vereis.

Volgens die hooggeregshofuitspraak is die registrateur ook nou opdrag gegee om sy besluit oor die selffinansieringsgaping te heroorweeg.

Die mediese fonds moes hom noodgedwonge tot die hooggeregshof wend, nadat sy hersieningsaansoek en verklarende bevel oor die verhoging, verlede jaar met koste van die hand gewys is.

Die respondente in die saak is ook verantwoordelik vir Heritage Health se regskoste.

Heritage Health het aanvanklik ’n dringende aansoek in Desember 2019 ingedien met verwysing na ’n jaarlikse verhoging van bydraes en dat dié bydraes deel vorm van ’n wysiging van die reëls en daarom goedkeuring van die registrateur vereis.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!