FOTO PIXABAY
FOTO PIXABAY

Hondesiekte-uitbreking kan behandel word

Elvira Hattingh
Veeartse sê verskeie gevalle van hondehokhoes (kennel cough) is die afgelope tyd in Windhoek aangemeld.

Dit is ’n aansteeklike bakteriële infeksie in ’n hond se lugweg. Terwyl dit ’n minder ernstige siekte is wat maklik versprei onder honde wat gereeld gaan stap, kan dit vreesaanjaend vir honde-eienaars wees omdat dit honde erg laat hoes en selfs laat klink asof hulle verstik of versmoor.

Windhoek Veterinary Clinic het in ’n nuusbrief verduidelik die siekte het verskeie oorsake en kan vergelyk word met mense wat verkoue kry. Die meeste honde word gesond sonder uitgebreide behandeling, terwyl gesonde honde daarteen ingeënt kan word. ’n Erf kan ook ontsmet word om die siekte te voorkom. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!