Hondsdolheid: Is orale entstof die antwoord?
Studie in noordelike streke gedoen
Honde is die vernaamste draers en verspreiders van die siekte wat maklik aan mense oorgedra word en waaraan talle mense jaarliks sterf.
Mondelikse entstof teen hondsdolheid vir honde in die noordelike gebiede van Namibië hou groot belofte in om dié siekte eindelik ’n gevoelige nekslag toe te dien, sê navorsers.
Dit volg nadat proewe met mondelikse entstof onder honde in die Zambezistreek goeie resultate opgelewer het en ook goed deur honde-eienaars aanvaar is.
Hondsdolheid kom gereeld onder honde in die noordelike kommunale gebiede (NCA’s) voor, terwyl die staatsveeartsenydienste om verskeie redes laas in 2017 massa-inentingsveldtogte teen die siekte kon uitvoer.
Volgens statistiek van die ses jaar tussen 2011 en 2017 is altesaam 113 gevalle van hondsdolheid onder mense gediagnoseer – ’n uiters gevaarlike en dikwels noodlottige siekte. Dit kom neer op ’n hondsdolheid-sterftesyfer van tussen 1 en 2,4 per 100 000 mense per jaar. Die Kavangostreke word die ergste deur die siekte geraak.
Die navorsingswerk is vandeesmaand onder die titel “Emergency response using oral rabies vaccination of dogs –field data from Namibia demonstrate high efficiency” in die One Health wetenskaplike joernaal gepubliseer.
STUDIE
Agt navorsers, waaronder Conrad Freuling, Frank Busch, Mainelo Beatrice Shikongo en Nzwana Silune het tydens die veldwerk vir die studie ten minste 2 725 honde in die Zambezistreek binne net vier dae entstof mondeliks teen hondsdolheid toegedien.
Dit is in November verlede jaar gedoen en altesaam 3 097 lokase, wat die entstof bevat, is oor vier dae aan honde gegee. Die suksessyfer van honde wat dit aanvaar en korrek ingeneem het (dit gekou en ingesluk het) was sowat 88%.
Die lokaas, wat ’n derde generasie entstof bevat wat aan streng internasionale gesondheidsvereistes voldoen, proe na eier.
Inwoners het die veldtog verwelkom omdat die laaste massa-inenting teen hondsdolheid in 2017 deur staatsveeartse uitgevoer is. Hulle het ook waardeer dat dit mondeliks toegedien kon word.
Die navorsers het in nog ’n vorige studie getoon dat honde in die Oshana- en Omusatistreek die lokase ook gretig ingeneem het.
Die Zambezistreek ervaar talle uitdagings teen ontwikkeling, wat insluit bevolkingsgroei, openbare dienste wat swak befonds is en gesondheidsorgdienste vir mens en dier. Hondsdolheid is een van die laste wat die gemeenskap moet dra.
Daarbenewens het veeartsenydienste in die gebied ’n tekort aan 4x4-voertuie om afgeleë gebiede te bereik, terwyl siektes soos bek-en-klouseer intussen groter prioriteit geniet het, terwyl daar ook ’n tekort aan veldwerkers is.
DRAERS
Honde, wat soos elders in die wêreld plaaslik ook die hoofdraers van die siekte is, versprei die siekte na mense.
Hondsdolheid kom ook in meer sentrale dele van die land voor, maar dan hoofsaaklik onder wild op private plase, met veral koedoes en soms vee wat daardeur geraak word. Navorsers meen dat jakkalse asook bakoorjakkalse in dié gebied die waarskynlike draers van die virus is.
TOEPASLIKHEID
Die navorsers sê die gunstige resultate dui op ’n groot potensiaal van mondelikse entstowwe in programme om hondsdolheid te beheer.
In lande waar daar ’n tekort aan hulpbronne is, bly dit ’n uitdaging om die siekte onder honde te beheer.
Tans word daar reeds staatgemaak op massa-inentings teen die siekte. Tog meen die navorsers dat die mondelikse entstowwe in noodgevalle gebruik behoort te word om kudde-immuniteit onder honde te verbeter – veral onder vrylopende of rondloperhonde. Dié entstowwe is wel ’n bietjie duurder, maar verkort die tyd aansienlik waarin ’n veldtog voltooi kan word.
Onder al die diere wat draers van hondsdolheid is, is mak honde een van die grootste bedreigings. Volgens navorsing sal die siklus vir die oordrag van die virus vanaf honde na mense gebreek kan word as sowat 70% van honde entstof teen die siekte kan ontvang.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie