Hoop vir ’n lewe met lupus
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, pasiënte, versorgers, familielede en vriende het ’n praatjie by die Lady Pohamba Private Hospitaal bygewoon wat op die outo-immuunsiekte lupus gefokus het.
Dr. Juline Smit, ‘n spesialis en internis, het waardevolle inligting gedeel oor die baie gesigte van outo-immuunsiektes en wel dat 90% wat met lupus saamleef vroue is. Die meeste mense wat met die siekte saamleef, ontwikkel lupus tussen die ouderdomme van 15 en 44 jaar.
Winnie Katataiza en Agi Serogwe wat elkeen met lupus saamleef, het veral geïnspireer met hul dapper verhale oor hoe hulle gediagnoseer is en hoe hulle daagliks met die siekte saamleef, struikelblokke oorwin en positief in hul stryd bly.
Die dieetkundige Suzan Smit het op haar beurt belangrike inligting gedeel oor hoe lupus met die regte dieet bestuur kan word en dat ‘n beplande, gesonde dieet beteken dit kan ‘n pasiënt sy of haar liggaam help om beter teen die siekte te baklei.
Met lupus val die immuunstelsel die liggaam, insluitend die brein en senuweestelsel aan, in plaas daarvan om dit te beskerm.
Lupus en die behandeling daarvan kan geestelike en emosionele gesondheid benadeel. In die lig hiervan het die sielkundige Harriet Knott beklemtoon daar kan geen gesondheid sonder geestelike gesondheid wees nie. Sy het verwys na die skoenlapper wat ‘n simbool van lupus is en hoewel dit nie maklik is om met die siekte saam te leef nie, groei en krag uit swaarkry gebore word.
Muinjangue het op haar beurt lof gehad vir pasiënte wat ‘n stem vir ander lyers is en diegene is wat bewusmakingsveldtogte dryf. Die inligtingspraatjie is deur Sun Pharma ondersteun.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie