Hospitale kry internet
Plaaslike onderneming bring e-pos na gesondheidswerkers
Die gesondheidsministerie wil ook die versameling en verspreiding van data van grond- na nasionale vlak verbeter om te verseker dat besluite vinniger geneem kan word
Die regering het sowat N$20 miljoen bestee om die infrastruktuur van die kommunikasienetwerk by 58 gesondheidsgeriewe te verbeter en te versterk. Volgens die kantoor van die eerste minister is die doel om gesondheidsgeriewe oraloor in die land elk ‘n middelpunt vir konnektiwiteit en doeltreffendheid te maak. Volgens Bro-Mathew Niikondo van die projek se bestuur in die kantoor van die eerste minister, word die oordrag van data en die verbeterde kommunikasie deur die nuwe tegnologie gedryf. Niikondo sê die projek is deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste van stapel gestuur om onder meer doeltreffende kommunikasie deur middel van e-pos en die internet te vergemaklik. Die gesondheidsministerie wil ook die versameling en verspreiding van data van grond- na nasionale vlak verbeter om te verseker dat besluite vinniger geneem kan word. Die projek behoort ook elektroniese sowel as e-gesondheidstelsels te help vestig.
Uitdagings is egter die beskikbaarheid van geriewe wat wissel, asook die behoeftes van pasiënte wat logistieke uitdagings veroorsaak. Ook is daar ‘n tekort aan personeel ervare in inligtingstegnologie in die strek, terwyl die uitbreking van die Covid-19-pandemie en die tekort aan mikroskyfies wêreldwyd ook ‘n stok in die wiel is.
Die gesondheidsministerie het ‘n vennootskap met Green Enterprise Solutions ICT aangegaan om die projek van stapel te stuur. Volgens Green Enterprise Solutions is die eerste drie fases van die projek reeds voltooi, terwyl nog fases in die pyplyn is. Volgens die plaaslike onderneming is die onderhoud van die toerusting die verantwoordelikheid van die ministerie en is personeel toegerus en opgelei om die werk te kan doen.
Teen die einde van die finansiële boekjaar vir 2022/2023 is 35 hospitale voltooi, met internetverbindings en die nodige toerusting wat suksesvol gevestig is. Nog 23 gesondheidsentrums is in die boekjaar 2023/2024 voltooi. ‘N Verdere 60 klinieke en 18 oorblywende gesondheidsentrums behoort voor die einde van die huidige boekjaar (2024/2025) ook aan die internet en aan die ministerie se kommunikasie- infrastruktuur verbind te wees.
“Die projek het die manier verbeter waarop gesondheidsorgdienste aan mense oraloor Namibië verskaf word, selfs in die landelike gebiede. Beter kommunikasie tussen gesondheidsorgwerkers het koördinasie en reaksietyd verbeter wat weer pasiëntesorg positief beïnvloed het,” sê Niikondo.
“Wanneer die ministerie se e-gesondheidstelsel voltooi en gevestig is, sal die gevolglike landswye netwerk die lewering van gesondheidsorg oraloor Namibië ‘n hupstoot gee.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie