Hulp gesoek vir Shafiq
Die ma van ’n 11-jarige seun het na die publiek uitgereik om te help met die insameling van geld vir haar seun wat op eenjarige ouderdom sy oog weens kanker verloor het.
Franceleen Bardien se seun, Shafiq, is op dié ouderdom met retinoblastoma, ’n skaars vorm van oogkanker, gediagnoseer. Dokters moes gevolglik sy oog verwyder om sy lewe te red.
Volgens Franceleen kan haar seun nie soos ander kinders van sy ouderdom speel nie en is die emosionele tol wat dit eis geweldig.
“Hy sien tans ’n maatskaplike werker Mercia en ’n sielkundige Lorraine la Kock wat hom help om sy omstandighede te hanteer,” het sy vertel.
Shafiq het nou ’n nuwe prostetiese oog nodig wat elke twee jaar vervang moet word in pas met sy fisieke groei.
Die koste van slegs die prostese is R29 000, met bykomende uitgawes vir verblyf en vervoerkoste na Windhoek wat die totaal tot N$37 000 opstoot.
“Dit is nie sy eerste prostese nie. Ons moet elke twee jaar hierdeur gaan. Ons moet ook jaarliks Windhoek toe reis vir sy opvolgbesoeke,” het Franceleen verduidelik.
Die gesin se omstandighede is veral uitdagend nadat Shafiq se pa in Junie verlede jaar dood is en Franceleen, wat nou ’n enkelouer van vier kinders is, eers onlangs by ’n nuwe werk begin het.
“Dis my derde week by my nuwe werk. Ek probeer, maar dit is swaar,” het sy erken.
“Hulp met hierdie situasie sal ’n baie groot impak geestelik, fisiek, sosiaal en selfs akademies op Shafiq hê.”
As jy graag wil help om Shafiq se lewe soveel beter te maak, kontak Franceleen by 081 825 4494.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie