Hulp gesoek vir Titus
Hy is ‘n saggeaarde seuntjie wat lief is vir teken, maar ‘n geheimsinnige en pynlike toestand gooi ‘n seer skaduwee oor die lewe van die sewejarige Titus Johannes, ‘n graad 0-leerling van die Lifeline Kliniek-skool. Die onbekende toestand veroorsaak dat Titus se arm geweldig geswel is. Sy ma wat die gesin ondersteun deur brood by ‘n plaaslike mark te verkoop, het hom na die kliniek gebring om uit te vind wat die geweldige swelling veroorsaak. Titus se pa en twee sibbe is doof en stom, wat sy ma hul enigste broodwinner maak.
Die Naankuse Lifeline Kliniek wat in 2003 gestig is om gratis mediese sorg aan die San-gemeenskappe in Omaheke te verskaf, het ingespring om Titus te help.
“Ons is nie presies seker wat sy toestand is nie,” sê dr. Rudi van Vuuren wat aan die stuur van sy behandeling staan.
“Dit is of limfedeem of iets soos tuberose sklerose, maar ons bring hom na spesialiste in Windhoek, hopelik so gou moontlik, om ons te help om ’n diagnose te maak,” het Van Vuuren gesê.
Die Naankuse Stigting het nou ‘n fondsinsamelingsveldtog begin om die koste te dek om Titus na Windhoek vir dringende toetse en behandeling te bring.
“Die oomblik wat genoeg geld ingesamel is, sal Titus Windhoek toe gebring word vir toetse en verwante behandeling. Sou lesers belangstel om ‘n bydrae te lewer, is hulle welkom om my te kontak,” sê Colette Massier. Vir enige verdere navrae of bydraes tot Titus se mediese sorg, kan Colette by [email protected] gekontak word. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie