Inenting teen Covid-19 verskerp
Deel van algemene immuniseringsveldtog
Die uiteindelike doel is om 70% van Afrika se bevolking teen die einde van die jaar teen Covid-19 in te ent.
Henriette Lamprecht
Met net 26% van Namibië se volwasse bevolking wat ten volle teen Covid-19 ingeënt is, is die hoop dat die Saving Lives and Livelihoods-inisiatief die land nader sal bring aan sy doelwit om deur middel van inenting kudde-immuniteit te bereik.
Die inisiatief deur die Afrika Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC) in vennootskap met die Mastercard-stigting, het landswyd afgeskop. Die doel van die massa-inentingsveldtog is om te verseker Covid-19-inentingspogings is geïntegreer met kinderimmunisasies. Die einddoel is die beskerming van gemeenskappe teen die impak van Covid-19 en voorkombare kindersiektes.
Die inisiatief het as deel van sy dringende ondersteuningsprogram US$479 000 bewillig om 43 257 Covid-entstowwe te finansier, met 89 220 entstowwe wat reeds vanaf die sentrale mediese store na gesondheidsgeriewe oraloor die land gelewer is.
Die inisiatief het ook 29 dataklerke gewerf wat gehelp het om die agterstand in immuniseringsdata van 40% na 18% te verminder. Persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) insluitend 400 gesigmaskers, 400 handreinigers en 400 handskoene is ook geskenk, terwyl 25 000 inentingskaarte, 25 000 evalueringsvorms en 300 registers gedruk is.
Die inisiatief en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het ’n teiken van 27 nuwe inentingsentrums, terwyl 70 Covid-19-inentingsentrums versterk gaan word. Die doel is om meer as 800 000 inwoners in 12 maande by die verkose sentrums teen die siekte in te ent.
Dr. Lul Pout Riek, koördineerder van die Afrika CDC Suidelike Afrika-koördineringsentrum, het beklemtoon Covid-19-entstowwe bly ’n kritieke manier om oordrag te verminder en uiteindelik ekonomieë in Afrika tot normale vlak te herstel.
“Die enigste manier om die pandemie te beëindig en lewens en lewensbestaan op die vasteland te beskerm, is om ’n kritieke hoeveelheid inwoners in Afrika vinnig in te ent,” het hy gesê.
Die Saving Lives and Livelihoods-inisiatief sal ’n sterk fokus insluit op kommunikasie oor risiko en ook gemeenskapsbetrokkenheid (RCCE) om inwoners en veral jong mense en landelike bevolkings te help om die veiligheid en voordele van inentings te verstaan.
“RCCE sal ’n noodsaaklike rol speel om aanvraag en die opname van Covid-19-inentings te skep en ander niefarmaseutiese pogings te ondersteun om die oordragketting en die pandemie se impak te bestuur.”
Dié inisiatief is ’n vennootskap van US$1,5 miljard met die Mastercard-stigting en is in Junie 2021 van stapel gestuur om Covid-19-entstowwe vir ten minste 65 miljoen mense aan te koop en die aflewering daarvan aan miljoene inwoners oraloor die vasteland te ondersteun. ’n Totaal van US$2 miljoen is voorsien om die eerste jaar van implementering in Namibië te finansier.
Die initisiatief sal die pogings van die regering, Afrika CDC en ander vennote koördineer om die opname van entstowwe teen Covid-19 te verhoog.
Die uiteindelike doel van Afrika CDC is om die immuniseringsdekking van die vasteland se bevolking teen die einde van die jaar tot 70% te verhoog.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie