FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO ARGIEF
FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO ARGIEF

Inentings bly gratis

Mediese fondse se bydrae tot staat se onkoste
Bedrae wat op private mediesefondslede se state vir inentings verskyn, is die terugbetaling van die koste daaraan verbonde aan die regering.
Henriette Lamprecht
Tariewe wat private mediese fondse hef vir inentings teen Covid-19 beteken nié die lid betaal nou hiervoor nie.

“Dis ’n geval van private mediese fondse wat probeer om goeie korporatiewe burgers te wees deur die regering halfpad tegemoet te kom in die finansiering van hierdie baie belangrike program,” sê eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila.

Sy het tydens die aankondiging van die jongste Covid-19-regulasies beklemtoon inentings teen die siekte is steeds gratis en mediese dienspersoneel dien dit toe, nie mediese fondse nie.

Kuugongelwa-Amadhila het verduidelik mediese fondse het na vore gekom en ingestem om die regering te subsidieer en te ondersteun in die aankoop, verspreiding en administrasie van entstowwe teen Covid-19.

“Danksy ’n ooreenkoms ontvang die private mediese fondse inligting van die regering oor lede wat ingeënt is. Dit is sodat die mediese fonds die regering kan terugbetaal vir die koste van die inenting,” het sy gesê.

Private mediese fondse se bydrae tot lede se inenting volg meer as ’n jaar en ’n half nadat hulle ingestem het om namens hul lede ’n bydrae tot die staat se onkoste vir inentings te maak.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het in November 2020 reeds aangekondig die regering het deur die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf), mediese fondse in die land betrek om maniere te vind om by te dra tot die inenting van lede en afhanklikes teen Covid-19.

Shangula het toe gesê die tegniese konsultasies is voltooi en die voorstel was dat mediese fondse ’n bedrag van N$713,68 per dosis bydra vir elke lid en afhanklike wat ingeënt word.

Volgens hom sou die ministerie gereeld ’n lys van ingeënte persone aan die ministerie van finansies vir skakeling met die mediese fondse verskaf.

Private mediese fondse wat onder die Namaf-vaandel val, het ingestem om die koste van die immunisering van geregistreerde lede en afhanklikes tussen 16 en 85 jaar teen Covid-19 ten volle te dek – insluitend die aankoop van entstof, logistiek, berging en administrasie. Tans is daar 140 000 lede en afhanklikes in dié kategorie wat vir die entstowwe in aanmerking kom.

Volgens Namaf se uitvoerende hoof, mnr. Steve Tjiuoro, het fondse die bydrae as ’n goeie herbelegging in nasionale gesondheid beskou. Die bydrae geld net vir lede van private mediese fondse en nie vir lede van die staat se mediese fonds, Psemas, nie.

Die Covid-19 Nasionale Taakmag, waarvan Namaf ’n lid is, het die koste per dosis vir goedkeuring deur die ministeries van gesondheid en finansies voorgestel.

Van die private mediese fondse was tot onlangs nog in die duister oor presies hoe die proses gaan werk, met een fonds wat toe net vir Suid-Afrikaanse lede betaal het wat hul inentings in die buurland ontvang het. Nog een het gesê dié betrokke fonds het ’n voordeel vir al sy lede vir voorkomende sorg wat dekking vir entstowwe (ook dié teen Covid-19) insluit. Die word onder meer deur

Die mediese fondslede se dag-tot-dag en/of medisynevoordele dek onder meer die voorgestelde N$713,68 per dosis.

Namibië het teen 5 April altesaam 746 290 dosisse Sinopharm, AstraZeneca, Johnsen & Johnsen en Pfizer by die Sentrale Mediese Stoor in voorraad gehad.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!