Infeksie in China nie rede to kommer - Nangombe
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sê die toename in China in akute respiratoriese infeksies wat deur die menslike metapneumovirus of HMPV veroorsaak word, is weinig rede tot kommer vir Namibiërs.
Die virus veroorsaak simptome soos koors en hoes en kan ernstig wees in kwesbare mense soos babas, bejaardes asook dié met lae of geen immuniteit.
Volgens die ministerie se uitvoerende direkteur Ben Nangombe noodsaak die toename in respiratoriese infeksies in China en ander dele van die wêreld nie tans ‘n noodtoestand in openbare gesondheid van internasionale belang nie.
“Die styging in gevalle in China en ander lande in die noordelike halfrond is ‘n verwagte verskynsel dié van die jaar weens die weerstoestande,” het Nangombe gesê.
Volgens hom monitor die ministerie egter die situasie deur stelsels wat in plek is en sal publiek op hoogte gehou word.
HMPV is ‘n algemene respiratoriese virus wat globaal sirkuleer en veral tydens winter tot lente en is in 2001 ontdek.
“HMPV is ‘n relatief algemene virus met wêreldwye verspreiding en is op elke vasteland identifiseer,” het Nangombe gesê. Volgens hom veroorsaak dit in gesonde volwassenes tipies matige verkoueverwante simptome wat nie van ander algemene verkouevirusse onderskei kan word nie.
Die ministerie se protokol verskaf riglyne oor onder meer opsporing, verwysings, diagnose en behandeling, met een van die mees kritieke komponente wat kommunikasie van risiko en gemeenskapsbetrokkenheid behels.
Nangombe het beklemtoon Namibië het noodspanne vir openbare gesondheid op nasionale, streeks- en distriksvlak wat gereed is om op uitbrekings te reageer. Hy het die versekering gegee dat die ministerie toegerus is om enige gevalle van die HMPV-virusse in die land te bestuur.
Algemene simptome van respiratoriese infeksies sluit in koors, loopneus, seer keel, kop- en lyfseer, moegheid, moeilike asemhaling en algemene ongesteldheid.
Die ministerie sê in lyn met die Wêreldgesondheidsorganisie (WHO) gaan dit nie reisbeperkings na en van China instel nie. Mense wat egter bogenoemde simptome ervaar, word aangemoedig om reise te vermy en mediese hulp te soek sou hul simptome vererger. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie