Dr. Leah Namoloh, die voorsitter van Namaf se bestuurskomitee, en Brian Chaka, die vereniging se waarnemende uitvoerende hoof. FOTO VERSKAF
Dr. Leah Namoloh, die voorsitter van Namaf se bestuurskomitee, en Brian Chaka, die vereniging se waarnemende uitvoerende hoof. FOTO VERSKAF

Ingrypings vir hoë koste gesoek

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Alle geregistreerde mediese fondse in Namibië het ’n Memorandum van Verstandhouding onderteken vir ingrypings om die dryfvere van gesondheidsorginflasie of die oorsake van stygende koste in gesondheidsorg hok te slaan.

Hoewel baie van mening is die waarde van die bates van mediese fondse wat in reserwe is (sowat N$1,7 miljard teen einde September verlede jaar) is voldoende vir enige verhoging in eise, sê die Vereniging vir Mediese Fondse in Namibië (Namaf) meer geld word die afgelope ses maande op eise bestee as wat bydraes ingesamel word.

Volgens Uatavi Mbai, Namaf se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie en belangegroepverhoudings, is ’n ingrypingswerkwinkel van 12 tot 13 Junie in Windhoek gehou om bedryfgerigte ingrypings te bedink om die toenemende, onbekostigbare koste van gesondheidsorg te bestuur.

Die werkwinkel is bygewoon deur onder meer die bestuurskomitee en senior personeel van Namaf en ook voorsitters en hoofbeamptes van die betrokke mediese fondse.

Vyftien ingrypings is geïdentifiseer, waaronder strenger bepalings met die afkeur van eise wat nie aan kliniese, beste praktyk-standaarde of aan Namaf-reëls en -regulasies vir rekeninge voldoen nie.

Nog ’n ingryping is formele en regsbindende ooreenkomste tussen mediese fondse en verskaffers van gesondheidsdienste en wat insluit reëlings vir afslag in ruil vir ’n korter betalingsiklus.

Volgens Mbai sal die ingrypings op bedryfsvlak hanteer en deur individuele fondse geïmplementeer word.

Die voorsitter van die bestuurskomitee, dr. Lea Namoloh, het tydens die werkwinkel beklemtoon elke sleutelrolspeler moet sy rol ken en verstaan hoe dit positief kan bydra om die volhoubaarheid van finansiering te verseker.

Volhoubaarheid vereis ’n samewerkende benadering deur alle belanghebbendes.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!