Japan ondersteun Unicef vir universele gesondheidsorg
Die Japanse regering het N$24 miljoen aan Unicef geskenk om toegang tot entstowwe vir alle Namibiërs en veral die mees kwesbare inwoners te verseker. Die skenking, wat die land se toewyding tot universele gesondheidsorg ondersteun, sal buiten die fokus op die vinnige aflewering van veilige entstowwe, ook poog om die gaping in die verskaffing van gesondheidsdienste aan swanger vroue en kinders te oorbrug.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie