‘Julle dapperheid is merkwaardig’

Henriette Lamprecht
Die feminis, aktivis en kunstenaar Laetitia Ky van Ivoorkus wat wêreldwyd bekend is vir die kuns wat sy met haar hare skep as vorm van kommentaar op maatskaplike kwessies, fokus in die pienk maand van Oktober op borskanker-bewusmaking.

“Ek wil die vroue eer wat ’n stryd teen die siekte gevoer het of steeds daarteen veg. Ek kan my nie die krag indink wat dit verg om kanker te oorwin nie,” skryf Ky op haar Facebookblad.

“Dikwels baklei hierdie vroue in stilte teen die siekte. Julle dapperheid is werklik merkwaardig.”

Met onder meer die haarstyle van die Himba-vroue van Namibië wat ook al as inspirasie vir Ky se skeppings gedien het, maan sy “ons leefstyl en gedrag kan ons risiko vir kanker óf verhoog óf verlaag. Ons het baie meer beheer oor ons gesondheid as wat ons besef.”

Republikein salueer elkeen wat tans ’n stryd teen die siekte voer en elkeen wat op welke manier ook al deur borskanker geraak is. Saam is ons sterk. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!