No Image Caption

Kankerpasiënte trek aan kortste end

Erge tekort aan kritieke medikasie, kliniese voorrade en ondersteunende toerusting
'n Inspuiting wat aan pasiënte met bors- en prostaatkanker gegee word, is glo al vir drie maande nie meer in voorraad by die staat nie.
Jemima Beukes
Pasiënte sterf, want jy kan sien wanneer hulle nie weer terugkom vir hul dossise nie.

Só sê ’n bron in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste oor ’n inspuiting, Zoladex, wat aan pasiënte met prostaat- en borskanker gegee word en reeds vir drie maande nie meer by die Katutura-hospitaal en die Windhoek Sentrale Hospitaal beskikbaar is nie.

“Ons moet mense hieroor huis toe stuur. Jy moet tot N$1 000 betaal om die inspuiting by die apteek te kry. Pasiënte moet maar net terug huis toe gaan.”

Die bron verwys na veral kankerpasiënte wat per bus uit die streke vir behandeling reis.

“Stel jou voor mense van die streke wat op ’n bus van die staat hierheen moet reis – dan is daar geen inspuiting nie en jy moet vir ’n week wag tot die bus jou weer kan terugneem.

“Beide die hospitale (Katutura/Windhoek Sentraal) het niks. Katutura het 300 dosisse gehad, maar ons het pasiënte van Sentraal soontoe gestuur en dit is nou op.”

Volgens die bron weet sy nie “waarom ons nog werk toe moet gaan nie”.

Sedert Mei is medikasie by die Katutura-hospitaal “geleen”, maar is die rakke hier ook nou leeg.

“Die dokters sê vir pasiënte dat ons wag, maar ons weet nie waarvoor ons wag nie.”

Dit is veral kankerpasiënte wat aan die kortste end trek, want as dit nie ’n tekort aan of geen medikasie is nie, is dit die bestralingsmasjien wat stukkend is, sê die bron.

“Dit word reggemaak en drie dae later is dit weer stukkend. Ek verstaan nie waarom hulle nie net ’n nuwe masjien koop nie.”

Sy erken dit is “geweldig neerdrukkend wanneer mense hierheen kom wat reeds met hul lewens sukkel en jy kan nie ’n woord sê nie. Dit omdat mense bo niks doen nie.”

Volgens haar moes ’n pasiënt wat uit die Suide vir behandeling gereis het, sonder hulp huis toe gaan omdat daar geen voorraad is nie.

“Sy moes vir vervoer betaal en met leë hande teruggaan. Al die kankerpasiënte kom hierheen vir behandeling.”

Morfien wat meestal vir kankerpasiënte gebruik word, is weer in voorraad, nadat die staat ’n erge tekort ook aan antibiotika en adrenalien gehad het. Laasgenoemde word vir pasiënte met ’n hartstilstand gebruik, sowel as diegene met ernstige asemhalingsprobleme.

In Augustus het die ministerie bekend gemaak die voorkoms van kanker onder Namibiërs neem toe. Dit plaas druk op gesondheidstelsels wat reeds onder druk is soos die aanvraag na verwante bestuurstrukture groei.

Die voorkoms van kanker het die afgelope paar jaar met gemiddeld 12% gestyg, met bors- en servikale kanker wat die algemeenste is.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het by navraag erken sy ministerie word lamgelê deur ’n erge tekort aan kritieke en noodsaaklike medikasie, kliniese voorrade en ondersteunende toerusting soos krukke en prostese. Shangula het dit toegeskryf aan hofsake waarin sommige bieërs die uitkoms van mediese tenders uitdaag, met laasgenoemde wat die verkrygingsproses briek.

“Ek is nie bewus van daardie spesifieke kwessie (prostaatbehandeling) nie, maar ons het ’n algemene tekort aan medisyne, kliniese voorrade en ondersteunende toerusting. Dit is omdat tenders nie gefinaliseer word nie weens hofuitdagings deur sommige bieërs,” het Shangula gesê.

Byna ’n jaar gelede het die ministerie gesê meer as 1 000 tipe medikasie word benodig. Dit is nie bekend wat die status nou van die huidige behoefte is nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44%