Kantoor van ombudsman ‘nutteloos’
Beweerde ongrondwetlike optrede
'n Goedkeuringsertifikaat van die ministerie van finansies alvorens 'n praktyk se lisensie uitgereik word, is nie 'n wetlike vereiste nie.
Die Namibiese ombudsman se versuim om vir langer as ’n jaar sy magte uit te oefen in ’n kwessie wat die verskaffing van gesondheidsdienste aan die publiek strem, maak sy kantoor nutteloos en duidelik nie in staat om die openbare beskerming te bied soos wat in die Namibiese Grondwet in die vooruitsig gestel word nie.
Dié reaksie deur mnr. Eben de Klerk van ISG Risk Services en namens die Namibië Praktisynsforum (NPPF) volg op ’n klagte wat verband hou met die beweerde ongrondwetlike optrede deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) wat geweier het om ’n jaarlikse lisensie aan ’n private gesondheidsdiensverskaffer vir sy praktyk uit te reik, alvorens hy nie ’n goedkeuringsbrief (certificate of good standing) van die ministerie van finansies kan toon nie.
Laasgenoemde het in Oktober 2015 ’n geskrewe versoek aan MoHSS gerig om hom te help met “verskeie afdwingmaatreëls om vrywillige nakoming van belastingwette te verseker”. Dit sluit in ’n goedkeuringsertifikaat van die diensverskaffers alvorens ’n praktyklisensie uitgereik word.
Die gesondheidsministerie as reguleerder van gesondheidsgeriewe, moet jaarliks en ingevolge die wet vir hospitale en gesondheidsgeriewe alle private gesondheidsgeriewe (insluitend konsultasiekamers) inspekteer en goedkeur.
Volgens De Klerk kan die ministerie van finansies nie net bykomende vereistes vir die betrokke lisensie bloot deur middel van ’n brief byvoeg nie, terwyl die gesondheidsministerie dit ook sonder meer net mag uitvoer nie.
Ook is die besluit om die betrokke lisensie te weier, nie skriftelik gedoen nie. Dit is ’n vereiste vir alle administratiewe liggame en soos wat die ministerie in die geval die regulerende liggaam vir gesondheidsgeriewe is.
In Oktober 2016 het die voormalige ombudsman, adv. John Walters, dit toe reeds aan die voormalige permanente sekretaris (deesdae uitvoerende direkteur) in die gesondheidsministerie duidelik gemaak “die opdrag van die ministerie van finansies is nie ’n wetlike vereiste nie en dit bly ’n onafdwingbare opdrag, tensy dit deur die wet voorgeskryf word”.
Walters was van mening dat die betrokke dokter aan wie ’n lisensie geweier is, onder geen wetlike verpligting is om te voldoen aan ’n opdrag wat nie die gesag van ’n wet het nie.”
Volgens De Klerk het die voormalige permanente sekretaris teen Februarie 2017 nog geen ag op die bevinding geslaan nie en het weer die kwessie met die ministerie opgevolg.
Die voormalige permanente sekretaris het toe gevra vir tyd om sy eie regsopinie van die kantoor van die prokureur-generaal te verkry.
Volgens De Klerk het die huidige ombudsman, mnr. Basilius Dyakugha, egter nou die lêer summier gesluit.
Die ombudsman verwys in die brief gedateer 10 Junie 2022 na ’n hoërhofuitspraak in Maart 2020 tussen die aanklaer-generaal en teen die ombudsman as verweer.
Ook dat “jou kliënte (mediese dokters) oor die algemeen verteenwoordigend is van burgers wat voldoende inkomste het om hulle in staat te stel om regspraktisyns soos jouself te hê om hulle te help en te verteenwoordig”.
Die brief sê voorts dit blyk uit die wet (wat nie genoem word nie) dat die minister van gesondheid uitgebreide magte het om lisensievereistes in plek te sit om te verseker daar word aan die wet op inkomstebelasting voldoen.
Sou die NPPF en die klaer nie hiermee saamstem nie, stel dit voor hulle nader die hof om die kwessie aan te roer.
“Dié reaksie is ’n ontbloting van die ombudsman se mislukking om sy grondwetlike plig na te kom, moontlik ter beskerming van amptenare wat hul magte misbruik en inwoners se grondwetlike regte en vryhede te skend. Wat skokkend is, is dat die ombudsman hom skuldig maak aan diskriminasie teen dokters, ’n duidelike oortreding van artikel 10 van die Grondwet,” het De Klerk gesê.
Hy het beklemtoon die ombudsman het in terme van artikel 92 van die Grondwet die plig om klagtes te ondersoek, terwyl dit voorts aan hom die mag gee om dagvaardings uit te reik om individue en dokumente voor hom te bring. Hy het ook die mag om enige persoon wat ’n dagvaarding minag, te laat vervolg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie