Kennis gedeel oor MIV

Henriette Lamprecht
Namibië het sy eerste Share Fair op Wêreldgesondheidsdag by die Katutura UN Plaza in Windhoek aangebied.

Share Fair is 'n netwerkgeleentheid wat deur die Key Populations (KP)-projek onder die vaandel KP-STAR aangebied is. KP-STAR word deur die Amerikaanse regering gefinansier en fokus op sekswerkers, mans wat seks het met mans, sowel as transgender inwoners wat almal 'n verhoogde risiko het om MIV op te doen.

Tydens die Share Fair is inligting oor MIV-voorkoming en behandeling gedeel, terwyl 'n mobiele kliniek ook MIV-toetsing asook Covid-10-inentings gedoen het.

Verteenwoordigers van ministeries, die Verenigde Nasies, internasionale ontwikkelingsorganisasies, sowel as die private sektor, het die geleentheid bygewoon.

Sedert die begin van die KP-STAR-projek in Namibië in April 2020 is meer as 2 000 MIV-positiewe persone uit bogenoemde sleutelgroepe deur middel van toetsing bereik, met byna almal wat nou antiretrovirale behandeling ontvang.

Meer as 97% van dié op behandeling se virale lading word ook onderdruk, wat beteken hulle kan nie MIV aan iemand anders oordra nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!