Khomasstreeksraad skenk 'n ambulans
Die Khomasstreeksraad het 'n ambulans ter waarde van N$1,38 miljoen aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geskenk. Die minister, dr. Kalumbi Shangula, het tydens die oorhandiging van die ambulans gesê primêre gesondheidsorggeriewe is die eerste punt van kontak vir die publiek om gesondheidsdienste te ontvang en ook 'n ingang na die breër gesondheidstelsel.
"Die nuwe ambulans in ons vloot simboliseer die onverpoosde dryfkrag om kapasiteit vir noodreaksie te verbeter," het Shangula gesê.
Hy het beklemtoon 'n doeltreffende ambulansdiens is noodsaaklik om lewens tydens kritieke oomblikke te red.
"Dit verteenwoordig nie net mobiliteit nie, maar ook die versekering dat hulp oppad is."
Die goewerneur van die Khomasstreek Laura McLeod Katjirua, het tydens dieselfde geleentheid gesê dit is duidelik dat die streek uitbrei, maar dat "ons hulpbronne tot ons beskikking onvoldoende is".
Die raadslid van die Moses //Garoëb-kiesafdeling, Stefanus Ndengu, het op sy beurt namens die voorsitter van die raad, John Moonde, gesê die doel is om gesondheidsinfrastruktuur te rehabiliteer en uit te brei. Volgens Ndengu word die behoefte om in ambulansdienste vir noodsorg te belê, gedryf deur die noodsaaklike rol wat toeganklike en kwaliteit-gesondheidsorg in die welstand van inwoners speel.
Minister Shangula het ook verwys na die regering se ontwikkeling en konstruksie van die Windhoek-distrikshospitaal.
"Die nuwe distrikshospitaal sal kapasiteit vir 500 beddens hê en 'n breë verskeidenheid gesondheidsdienste aan die publiek bied. Dit sal help om die druk op die bestaande verwysingshospitale in die hoofstad te verlig." Volgens hom word die projek op 'n versnelde basis implementeer en word verskeie aktiwiteite ter gelyke tyd aangepak.
Die minister het 'n beroep op gesondheidslui gedoen om eienaarskap van die nuwe geriewe en nuwe toerusting te neem.
"Kom ons herverbind onsself daartoe om hoë kwaliteit, reaktiewe dienste te verskaf wat die welstand van ons mense verbeter." - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie