Kindersterftesyfer neem af
Afrika suid van die sahara verantwoordelik vir 77% van alle doodgeboortes ter wêreld in 2021
Kinders wat in Afrika suid van die Sahara gebore word, is onderhewig aan die hoogste risiko van kinderdood ter wêreld – 15 keer hoër as vir kinders in Europa en Noord-Amerika.
Namibië se sterftesyfer onder kinders jonger as vyf jaar het verlede jaar tot 39 sterftes per 1 000 lewende geboortes afgeneem. In 2000 het die sterftesyfer op 77 sterftes per 1 000 lewende geboortes gestaan.
Volgens die nuutste beramings in twee verslae deur die Verenigde Nasies (VN) is ook bevind meer as 5 miljoen kinders wêreldwyd jonger as vyf, insluitend 2,3 miljoen pasgebore babas en 2,1 miljoen kinders en jeugdiges tussen die ouderdomme van 5 en 24 jaar, is in 2021 oorlede. Hiervan was 43% adolessente.
Daar is ook bevind dat sowat 1,9 miljoen babas regoor die wêreld in dieselfde tydperk doodgebore is, terwyl in Namibië uit ’n geraamde 71 000 geboortes ongeveer 2 000 doodgeboortes was.
Volgens die VN is toegang tot en beskikbaarheid van gehalte gesondheidsorg steeds ’n kwessie van lewe of dood vir kinders wêreldwyd.
Die meeste kindersterftes vind plaas in die eerste vyf jaar, waarvan die helfte binne die heel eerste maand ná geboorte voorkom.
“Vir die jongste babas is premature geboorte en komplikasies tydens kraam die hoofoorsake van dood. Meer as 40 persent van stilgeboortes vind tydens kraam plaas. Die meeste hiervan is voorkombaar indien vroue toegang tot gehalte sorg gedurende swangerskap en geboorte het.
“Vir babas wat hul eerste 28 dae oorleef, hou aansteeklike siektes soos longontsteking, diarree en malaria die grootste bedreiging in.”
Die verslag toon kinders wat in Afrika suid van die Sahara en Suider-Asië gebore word, staar ’n kleiner kans op oorlewing in die gesig.
Verlede jaar het Afrika suid van die Sahara slegs 29% van die wêreldwye lewende geboortes gehad, terwyl 56% van alle sterftes onder kinders jonger as vyf hier voorgekom het.
Kinders wat in Afrika suid van die Sahara gebore word, is onderhewig aan die hoogste risiko van kinderdood ter wêreld – 15 keer hoër as die risiko vir kinders in Europa en Noord-Amerika.
Moeders in hierdie twee streke verduur ook die pynlike verlies van babas aan stilgeboorte teen ’n uitsonderlike hoë koers met 77% van alle doodgeboortes ter wêreld in 2021 wat in Afrika suid van die Sahara en Suid-Asië plaasgevind het.
Byna die helfte van alle doodgeboortes het in Afrika suid van die Sahara plaasgevind. Die risiko vir ’n doodgebore baba in Afrika suid van die Sahara, is sewe keer groter as in Europa en Noord-Amerika.
WÊRELDWYE AFNAME
Die verslae toon nietemin ’n laer risiko van dood onder alle ouderdomme wêreldwyd sedert 2000.
Die wêreldwye sterftesyfer onder kinders jonger as vyf jaar het sedert die begin van die eeu met 50% gedaal, terwyl sterftesyfers by ouer kinders en jeugdiges met 36% gedaal en die doodgeboortesyfer met 35% afgeneem het.
Die verandering kan volgens die VN toegeskryf word aan groter beleggings in die versterking van primêre gesondheidstelsels tot voordeel van vroue, kinders en jongmense.
Die VN wys daarop dat positiewe uitkomste sedert 2010 verminder het en dat 54 lande nie aan die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte vir sterftes onder kinders jonger as vyf jaar voldoen nie.
Die VN waarsku indien nie spoedig opgetree word om gesondheidsdienste te verbeter nie, sal byna 59 miljoen kinders en jeugdiges voor 2030 sterf en byna 16 miljoen babas doodgebore word.
COVID-19 EN INENTINGS
Die verslae merk verder op dat hoewel Covid-19 nie kindersterftes direk verhoog het nie – vanweë kinders se laer waarskynlikheid om aan die siekte te sterf as volwassenes – het die pandemie moontlik toekomstige risiko’s vir hul oorlewing verhoog.
Die verslae beklemtoon veral kommer oor ontwrigting van inentingsveldtogte, voedingsdienste en toegang tot primêre gesondheidsorg wat die kinders se gesondheid en welstand vir baie jare in gevaar kan stel.
Boonop het die pandemie die grootste voortgesette afname in inentings in drie dekades aangevuur. Die gevolg is dat die kwesbaarste pasgeborenes en kinders ’n groter risiko loop om aan voorkombare siektes te sterf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie