FOTO VERSKAF
FOTO VERSKAF

Kollig val op outismespektrum

Met April wat bekend is as bewusmakingsmaand vir outismespektrum het die Vereniging vir arbeidsterapeute in Namibië (NAOT) 'n bewusmakingveldstog van stapel gestuur om die rol van arbeidsterapie in die behandeling van persone wat hiermee gediagnoseer is, aan Jan Publiek te verduidelik. Outismespektrum is ‘n neurologiese afwyking waarmee sommige mense gebore word. Die oorsaak daarvan is onbekend en 'n diagnose moet deur ‘n mediese dokter, kliniese sielkundige of psigiater gemaak word. Outismespektrum veroorsaak disfunksie in taalontwikkeling, sensoriese prosseseringsprobleme en oor die algemeen kan mense sukkel met sosialisering en aktiwiteite in hul daaglikse lewens. Soos die naam sinspeel, vertoon die afwyking op ‘n spektrum. Dit beteken elke mens wat met outismespektrum gediagnoseer word, is uniek en het unieke sterkpunte sowel as uitdagings. Die arbeidsterapeute Christine Glen-Spyron, Heidi Schmidt, Karen Kunz, Lian-Marie Drotsky en Leopoldine Matamu, asook Asteria Ekandjo en Joy Ndawedwa, studente in arbeidsterapie aan die Universiteit van Namibië (Unam) het aan NAOT se bewusmakingsveldtog deelgeneem.

Die terapeute het deur die loop van April 'n regstreekse stroom op Instagram gedoen en ook op Good Morning Namibia op NBC, Kosmos

94.1FM en Radiowave 96.7FM die boodskap van die veldtog uitgedra. Die klem was op die noodsaaklike rol wat arbeidsterapeute speel en dat mense wat met outismespektrum gediagnoseer is, baat by behandeling van ‘n multidissiplinêre span (MDS). Dit sluit die gesin en versorgers in wat gewoonlik ook ondersteuning as deel van die behandeling nodig het. Die hoof uitkomste waarna ‘n arbeidsterapeut sal werk, is dat die persoon soos ‘n waardevolle- en bydraend lid van sy of haar gesin en die samelewing voel. Die arbeidsterapeut sal in samewerking met die kliënt en die MDS doelstellings vir terapie stel, sodat die kliënt kan deelneem aan aktiwiteite wat hulle wil, moet, of wat van hom of haar verwag word om aan deel te neem.

Karlien Burger, arbeidsterapeut en NAOT-lid, kan dit so klein wees soos om self jou veters vas te maak tot en met die vermoë om saam met hulle vriende vir ‘n naweek weg te gaan om ‘n groot rugbywedstryd by te woon. Vir enige verdere navrae besoek die webtuiste www.naot.org of die Facebookblad Namibian Occupational Therapists of stuur en e-pos na [email protected].

NAOT moedig elke Namibiër aan om te onthou “autism is not a disability, it is a different ability (American Autism Spectrum Network)". - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!