Kommer heers oor kankerstatistieke
‘Ons is nie ’n gesonde land nie’
Borskanker is verantwoordelik vir die meeste kankerverwante sterfgevalle in Namibië.
Die jongste beskikbare kankerstatistiek in Namibië is kommerwekkend, luidens die Kankervereniging van Namibië (CAN) se verslag gebaseer op syfers van 2022 deur Global Cancer Observatory (Globocan).
“Ons het ernstige ingrypings nodig vir kanker in Namibië,” sê die uitvoerende hoof van CAN, Rolf Hansen.
Globocan se syfers toon dat Namibië se kankersyfers hoër is in vergelyking met die res van Afrika. Die feit dat daar in sommige Afrikalande minder data beskikbaar is, kan ook dié syfers beïnvloed.
Namibië se statistiek word gevolglik met dié van Suid-Afrika, Botswana, Afrika in geheel, Oos-Europa en Wes-Europa vergelyk.
“Daar is nog baie wat gedoen moet word om Namibiërs te oorreed om hulle gesondheid in hul eie hande te neem. Dit gaan nie net oor kanker nie, maar ook onder meer oor bloeddruk, hartkwale, diabetes, cholesterol. . .
“Ons, as nasie, is nie gesond nie – dit is ’n feit – en hierdie data staan soos ’n paal bo water. Namibië is nie ’n gesonde land nie,” sê Hansen.
Met betrekking tot bors- en prostaatkanker vaar Namibië power met slegs Wes-Europa wat swakker vaar met betrekking tot prostaatkanker en beide Wes- en Oos-Europa wat swakker vaar met trekking tot borskanker en prostaatkanker.
“Die wêreldwye toename in kanker word ook in Namibië waargeneem. Ons kan nie net sê: ‘Kyk na die res van Afrika, daar is nie kanker nie’. Dit is eenvoudig omdat die verkryging van data nie ’n prioriteit is nie. In talle lande is kankerbehandeling nie beskikbaar aan die meerderheid van die bevolking nie en talle lande het geen kankersorg nie,” het Hansen gesê.
Borskanker kom steeds die algemeenste in Namibië voor met 553 gevalle in 2022 – byna dubbeld die aantal gevalle van die tweede algemeenste kanker in Namibië, servikale kanker.
Prostaatkanker het die derde meeste totale gevalle aangemeld, maar teen ’n gemiddeld uit elke 100 000 van die bevolking, is prostaatkanker boaan die lys.
Tweede op die lys van die gemiddeld uit elke 100 000 van die bevolking is borskanker, gevolg deur servikale kanker in die derde plek.
In 2022 is 227 pasiënte aan borskanker in Namibië dood, 203 pasiënte aan servikale kanker, 199 aan velkanker en 143 aan prostaatkanker.
“Ongelukkig kan CAN nie ’n keuse maak en sê ons moet op hierdie of daardie fokus nie. Ons moet werk met ten minste die topvyf soorte kankers en dit is hoekom ons so hard baklei om bewusmaking vir velkanker, borskanker. . . te skep. Ons sien in hierdie stadium dat mans in ’n moeilike situasie is as dit by prostaatkanker kom, dus moet ons meer bewusmaking skep rondom borskanker en prostaatkanker.
“Servikale kanker is ’n reuseuitdaging in ons land, maar omdat dit voorkombaar is, moet ons beleide in plek stel. Dit móét die regering motiveer om servikale programme te begin, wat inenting en papiloomvirustoetse insluit,” sê Hansen.
Hy het weer ’n beroep op die staat se gesondheidsdiensverskaffers gedoen om kankersorg in Namibië te desentraliseer.
“CAN is dankbaar teenoor die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die Namibiese regering dat ons toegang het tot kankersorg vir veral staatspasiënte. Ons moet egter verstaan ’n gesentraliseerde benadering tot onkologiedienste is nie meer prakties nie en dat ’n gedesentraliseerde benadering ’n maatstaf is om na te streef.
“Ons benodig veral gehalte-kankersorg vir staats- en finansieel kwesbare Namibiërs in die noorde en aan die kus waar onderskeidelik die mees en derde mees bevolkte gemeenskappe woon,” het Hansen gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie