Kontrakwerkers ingespan om inentingsrekords te laai
Tot op hede het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sowat 70% van die agterstand in die elektroniese oplaai van inentingsrekords ingehaal.
Volgens die hoof van die taakspan vir Covid-19, me. Petronella Masabane, gebruik die ministerie vanaf gister alle Covid-19-kontrakwerkers om die data elektronies op te laai.
Teen Maandag was 403 666 Namibiërs ten volle ingeënt.
Die ministerie het vroeër aangekondig die Trusted Vaccines-platform op die Trusted Travel-stelsel is nou gereed om Covid-19-digitale inentingsertifikate te verwerk vir Namibiërs wat ten volle ingeënt is.
Die platform het ’n funksie wat voorsiening maak dat persone inligting en foto’s van hul inentingskaart sowel as paspoort vir verifiëring op kan laai om die sertifikaat met ’n QR-kode te kry.
Die uitvoerende direkteur in die ministerie, mnr. Ben Nangombe, het egter gemaan reisigers moet ten minste twee voordat hulle beplan om te reis, hul besonderhede op die stelsel laai. Dit is om die ministerie genoeg tyd te gee om die sertifikate goed te keur.
Volgens Nangombe bly die ministerie ook in gesprek met verwante rolspelers om te verseker die Trusted Vaccines-raamwerk van die Afrika-unie en die Europese Unie se Digitale Covid-19-sertifisering kan inligting onder mekaar deel en gebruik.
Mnr. Erwin Nakafingu, adjunkdirekteur van inligtingstelsels in die ministerie, het op sy beurt erken die proses om die inentingsrekords op te laai van mense wat ten volle in Namibië ingeënt is, is “ver agter”.
“Daarom dat die Trusted Vaccines-platform geskep is. Die ideaal sou wees dat dit elektronies met die data verbind kan word. ’n Opsie is nou geskep waar die inentingskaart en paspoort opgelaai kan word wanneer die persoon ’n rekening hiervoor geskep het,” sê Nakafingu.
Volgens hom sal dit dan deur die ministerie verifieer word en ’n voorlopige sertifikaat geskep word. Hy het beklemtoon laasgenoemde is nie geldig om te reis nie.
“Todat die ‘voorlopig’ wegval, is dit nog nie goedgekeur vir reis nie.”
Nakafingu sê die ministerie moet ook uitvind waar die persoon sy inentings gekry het.
Op ’n vraag oor waarom tot twee weke tyd gegun moet word vir die verifiëring, het hy beklemtoon dit is soos “enige ander proses waar ons vir dienste aansoek doen”.
“As jy aansoek doen, is daar ’n proses wat eers voltooi moet word. Die proses vir digitale inentingsertifikate is tegnies dieselfde. Waarom sal dit gouer wees?”
Hy het gemaan mense wat wil reis, moet hiervoor voorsiening maak, tensy dit ’n noodgeval is.
“Om te reis, is ’n beplande geleentheid, tensy dit natuurlik nood is. Mense moet mos ten minste twee weke voor die tyd weet hulle gaan reis. Hulle beplan hiervoor en koop vliegtuigkaartjies reeds voor die tyd.”
Intussen het die reaksie van Namibiërs wat dit op die stelsel gewaag het, gewissel van sukses tot ander wat dit eerder in die hande van ’n reisagent wil oorlaat.
Een moedelose leser het dit beskryf as “om op daai site te gaan, is soos ’n toilet soek in die nag in ’n vreemde huis”, terwyl ’n ander beweer het die skakel werk nie.
Van die probleme wat ondervind is, is dat ’n rekening en wagwoord geskep is, maar dat die volgende boodskap sê die “credentials you provided, can not be determined to be authentic”.
’n Haakplek is ook met die verskafte OTP-kode ondervind wat aan die aansoeker per e-pos gestuur word, maar wat nie deur die stelsel aanvaar is nie. Nog ’n klagte is dat die veld vir paspoort- of identiteitsnommer glo nêrens in die stelsel ingevoer kan word nie.
Vir meer inligting besoek die webtuiste https://trustedtravel.panabios.org/trusted-testing/signup/ of skakel die tolvrye Covid-19-nommer 0800 100 100 vir hulp. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie