Vennote in die Bank Windhoek Kankerappelprojek vier die amptelik afskop van die projek wat onder meer fokus op bewusmaking. FOTO VERSKAF
Vennote in die Bank Windhoek Kankerappelprojek vier die amptelik afskop van die projek wat onder meer fokus op bewusmaking. FOTO VERSKAF

Koop 'n appel vir kanker

Die Bank Windhoek Kankerappelprojek het sedert sy eerste skenking van N$250 000 aan die Kankervereniging van Namibië (CAN) in 2000, reeds N$31,9 miljoen ingesamel.

Vanjaar is die 21ste keer wat die projek van stapel gestuur is. Bank Windhoek se uitvoerende hoof van bemarking en korporatiewe kommunikasie, me. Jacquiline Pack, sê die projek is die hoeksteen van die bank se program vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en dat kanker oorwin kan word.

Onder die vaandel van #GiveHope, kan die e-Apple-platform besoek word waar fisiese of virtuele appels en appelsap te koop is. ’n Appel kos N$5, en die appelsap N$8. Die prys van virtuele appels begin by N$5. Geld wat hiermee ingesamel word, word in November aan CAN oorhandig.

Bank Windhoek het ’n uitgebreide mediaveldtog ontwikkel wat beide tradisionele en digitale kanale dek om te verseker die boodskap van hoop bereik soveel mense as moontlik. Die hoofdoel is om bewusmaking oor kanker te skep en ook CAN se oproep te versterk dat mense so vroeg as moontlik vir toetse gaan om behandeling te ontvang sou hulle dit nodig kry.

Bank Windhoek bied ook ’n digitale kompetisie #GiveHope op sy sosialemediaplatforms aan waar deelnemers gelukkige oomblikke individueel of as ’n groep kan deel. Deelnemers kan opwindende pryse losslaan en meer besonderhede sal op die webtuiste eapple.bankwindhoek.com.na verskyn.

CAN gebruik die geld wat met die projek ingesamel word, vir sy jaarlikse uitreikprogram en gratis toetse in die land se 14 streke.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer