Kwesbares baat by skenking

Jemimah Ndebele
In ’n poging om gesondheidsorg ’n hupstoot te gee en geslagsgebaseerde geweld in Namibië te takel, het die Japannese ambassade in samewerking met die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) mediese toerusting, ’n mobiele kliniek en sanitêre doekies by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste afgelewer.

Die skenking vorm deel van Japan se inisiatief, Leaving no One Behind. Die projek is aktief in Khomas, Kunene, Ohangwena, Zambezi en Erongo met finansiële ondersteuning van Japan wat in 2022 begin het en wat tot dusver US$700 000 beloop. Kwesbare tieners, jongmense, vroue en mans baat by die projek.

Die mobiele kliniek ter waarde van N$1,2 miljoen is aan die One Economy Foundation en die stigter, die voormalige presidentsvrou, Monica Geingos, oorhandig.

Die kliniek sal by die #BeFree Center of Excellence in Katutura staan. Mediese toerusting ter waarde van N$1,4 miljoen, wat onder meer skerms vir beddens, ginekologiese beddens en skale vir dokters insluit, is aan hospitale in Katima Mulilo, Opuwo, Eenhana, Okongo, en Engela oorhandig.

Om gemarginaliseerde meisies in skole te ondersteun, is 24 000 pakke sanitêre doekies ter waarde van N$220 000 aan die minister van onderwys, kuns en kultuur, Anna Nghipondoka, oorhandig.

Japan se ambassadeur in Namibië, Hisao Nishimaki, het beklemtoon dat toegang tot gesondheidsorg ’n basiese mensereg is.

“Ons bly daartoe verbind om saam met Namibië te werk om te verseker dat elke Namibiër die geleentheid het om ’n gesonde en produktiewe lewe te lei,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!