Laboratorium open op Rehoboth
Boorling ploeg terug in gemeenskap
CJC Medical Lab poog om die beste diens aan die dokters en die gemeenskap van Rehoboth te lewer.
Ná Carmen Britz-Wohler, ’n boorling van Rehoboth, haar studies aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) voltooi het en nege jaar se ervaring as mediese tegnoloog opgedoen het, het sy besluit om ’n laboratorium op haar geboortedorp te open.
“Sover ek weet, is daar net een ander vrou wat ’n laboratorium [in Namibië] besit, verder is dit net mans,” het sy vertel.
Sy vertel voorts dat sy nog altyd ’n behoefte gehad het om ’n laboratorium van haar eie op Rehoboth te open.
“Ek het reeds in 2016 daarna begin ondersoek instel, maar ek was net te bang om die stap te doen.
“Toe kom 2021. Dit was vir my ’n moeilike jaar omdat ek my pa aan die dood afgestaan het. Dit het egter wel bygedra tot my besluit om uiteindelik die groot stap te neem om my droom te verwesenlik. Ek wil my pa in die hemel en my ma, Anita Britz, en ook my familie, trots maak,” sê sy.
As kind het Carmen reeds gevoel dit is nodig om te bewys dat goeie dinge nog in hierdie gemeenskap kan gebeur.
“God slaap nooit nie, veral nie in tye wanneer mense moed verloor nie. Ek wil ook graag ’n inspirasie wees vir ander jong mense om aan hulle toekoms te bou.”
Dit is te danke aan dr. Bisby Matinhure dat sy nou die geleentheid gekry het om ’n laboratorium by die Oanob-privaat hospitaal op Rehoboth te open. “Ek sal hom verewig dankbaar wees dat hy soveel vertroue in my het,” sê sy.
CJC Medical Lab poog om die beste diens aan die dokters en die gemeenskap van Rehoboth te lewer, dus gaan die laboratorium elke dag oop wees wat bystand tydens noodgevalle verseker.
Die amptelike opening van die laboratorium vind op 18 Junie plaas. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie