Lorriedrywers se welstand 'n prioriteit

Tanja Bause
"Geleenthede soos dié is vir ons vragmotorbestuurders van onskatbare waarde. Ons het nie die tyd om in klinieke te sit en te wag vir sulke toetse nie. Ons is die ruggraat van die ekonomie - as ons nie ry nie, eet julle nie,” het Ernesto Kairmati Vrydag by die padblokkade buite Windhoek gesê.

Die Walvisbaai-Korridorgroep (WBCG) het saam met sy welstand-ambassadeur, dr. Helena Ndume, ’n welstanddag vir vragmotorbestuurders gehou.

Die bestuurders se cholesterol, bloeddruk en bloedsuikervlakke is getoets. Mans bo 40 kon hulself vir prostaatkanker laat ondersoek en vrywillige MIV/vigs-toetse laat doen. Ndume het ook belangstellendes se oë gratis getoets.

Maria Paulus, WBCG se woordvoerder, het gesê die mobiele klinieke se dienste op die korridorgroep se roetes sal gedurende dié week aan elke vragmotorbestuurder beskikbaar gestel word.

Dit was die eerste keer dat so ‘n welstandsdag op die roete tussen Windhoek en Okahandja aangebied is.

“Ons is egter van plan om dit in die toekoms weer te doen. Ons hoop om vandag tussen 60 en 100 vragmotorbestuurders te kan toets.”

Kairmati het ook voorgestel dat ondernemings soos MTC ‘n soortgelyke konsep sal oorweeg om dinge vir vragmotorbestuurders makliker te maak.

“Ons moet almal ons SIM-kaarte registreer. Weer eens het ons nie die tyd om die hele dag iewers te sit en dit te doen nie. So, kan hulle nie ook ‘n mobiele registrasiepunt oprig en vinnig elke vragmotorbestuurder se SIM-kaart registreer nie?”

Ndume het op haar beurt gesê sulke dae is baie belangrik en moet gereeld gehou word, nie net vir vragmotorbestuurders nie, maar ook vir sekswerkers.

“Dit is ‘n beroep wat al van Jesus se tyd af kom, so ons kan dit nie uitwis nie, maar ons kan die vroue beskerm en dit begin by hulle gesondheid.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!