Dr. Esperance Luvindao is buiten 'n mediese dokter ook die stigter van die Osaat Africa Health Foundation. FOTO VERSKAF
Dr. Esperance Luvindao is buiten 'n mediese dokter ook die stigter van die Osaat Africa Health Foundation. FOTO VERSKAF

Luvindao-beurs fokus op gesondheidsorg

Stigter van Osaat Africa Health-stigting
Die sleutelaspek van die beursprogram is die uitplasing van die jong vroue in internskapprogramme ná die voltooiing van hul studies.
Henriette Lamprecht
As ’n teken van haar voortgesette toewyding tot die verbetering van gesondheidsorg en ondersteuning van onderrig in Afrika, gaan die stigter van die Osaat Africa Health-stigting voortaan ’n beurs aan voornemende studente in gesondheidsorg toeken.

Dr. Esperance Luvindao, buiten ’n mediese dokter ook ’n filantroop en internasionele spreker, sê finansiële ondersteuning van ander tydens haar jare as leerling van St. Paul’s College was noodsaaklik vir haar akademiese en professionele ontwikkeling.

Volgens Luvindao is sy opgewonde om iets aan die gemeenskap te kan teruggee en dat die beurs haar die geleentheid gun om die volgende generasie van professionele gesondheidslui te ondersteun.

Met haar lewensuitdagings en ook triomf as inspirasie, wil sy ’n soortgelyke fondasie vir aspirantstudente in gesondheidsorg skep.

Die beurs is ook ’n bevestiging van haar verbintenis tot die verbetering van gesondheidsorg in Afrika en om die die vasteland se toekomstige leiers te ondersteun.

Die Dr. Esperance Luvindao-beurs vir gesondheidsorg is in vennootskap met die Osaat Africa Health-stigting wat in 2019 gestig is om gehaltegesondheidsorg aan alle mense te verskaf, ongeag hul sosioëkonomiese status.

Die stigting fokus daarop om vroue oor hul gesondheid in hul moedertaal te leer, deur strokiesprente te gebruik om inligting met jong meisies te deel, asook om digitale gesondheid vir laer sosioëkonomiese groepe te bevorder.

Om vir die beurs in aanmerking te kom, moet kandidate voor 15 Julie ’n e-pos aan [email protected] stuur om ’n plek te bespreek vir ’n kort toets met veelkeusevrae oor voorbehoedmiddels, MIV en borskanker wat gebaseer is op inligting wat op die webtuiste

osaatafrica.com beskikbaar is. Aansoeke vir Oshakati sluit op 31 Augustus en op 30 September vir Rundu.

Die jong vroue wat suksesvol in die evaluering is, het dan die geleentheid om aansoek vir die beurs te doen deur hul curriculum vitae (CV) van ’n bladsy lank en ’n motiveringsbrief in te stuur om in aanmerking te kom vir ’n ten volle gefinansierde beurs om gesondheidsverwante kursusse by sekere instellings te studeer.

Die sleutelaspek van die beursprogram is die uitplasing van die jong vroue in internskapprogramme ná die voltooiing van hul studies. Die beurs sal onderrig en ’n paar akademies-verwante uitgawes vir die betrokke studente ten volle dek.

Volgens Luvindao is die beurs maar net die begin en hoop sy om toegewyd te bly tot die voortgesette verbetering van gesondheidsorg in Afrika.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!