Lykshuis bring waardigheid
Gebou teen ’n koste van N$4,5 miljoen
Die geriewe sluit 'n verbrandingsoond vir die veilige verbranding van mediese afval in.
Vir die eerste keer in sy geskiedenis het die Otjimbingwe-nedersetting, die tuiste van sowat 4 000 inwoners, ’n lykshuis.
Die langverwagte geriewe sal die finansiële en logistieke las van families verlig wat geliefdes verloor het en jare lank gedwing is om hul afgestorwenes meer as 50 kilometer verder na die naaste lykshuis in ander dorpe te moes neem.
Die lykshuis wat teen ’n beraamde koste van N$4,5 miljoen opgerig is, is verlede week amptelik deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula geopen.
“Natuurlik is ons nie geneig om lykshuise te bou nie, want ons wil nie hê mense moet doodgaan nie,” het Shangula tydens die opening gesê.
“Die werklikheid is egter dat die lewe in een rigting loop. Ons word gebore, ons word oud en ons sterf,” het hy gesê.
“Terwyl ons daarna streef om lang en gesonde lewens te lei, is daar egter beperkings waar ons nie kan ingryp nie. Die konstruksie van hierdie lykshuis is dus ’n absoluut noodsaaklike ontwikkeling.”
Die geriewe sluit drie stoorkabinette in met ruimte beskikbaar om dit na ses uit te brei. Daar is ook ’n verbrandingsoond vir die veilige verbranding van mediese afval, ’n kantoor, ’n stoorkamer en ’n kragopwekker om ononderbroke kragtoevoer te verseker.
Die byvoeging van die verbrandingsoond is volgens die gesondheidsminister ’n belangrike stap om gesondheid- en veiligheidstandaarde in die gemeenskap te verbeter, deur die voldoende en doeltreffende bestuur van afval te verseker.
RAADGEWENDE BENADERING
Die konstruksie van die lykshuis is deur die QKR Namibia Navachab-goudmyn gefinansier as deel van sy inisiatiewe vir korporatiewe maatskaplike belegging (CSI).
“Die myn glo dat Namibië, en veral die gemeenskappe rondom ons waar ons bedrywig is, moet as gevolg van ons teenwoordigheid beter daaraan toe wees. Ons is nie voorskriftelik in ons bydraes tot die gemeenskap nie.
“Ons CSI-filosofie is gefokus rondom ’n raadgewende benadering,” het die besturende direkteur, George Botshiwe, verduidelik.
Volgens Botshiwe dateer die gemeenskap se betrokkenheid met betrekking tot hul behoeftes aan ontwikkeling so ver terug as 2022 toe die vestiging van ’n lykshuis as ’n topprioriteit geïdentifiseer is.
“Ons het die noodsaaklikheid van so ’n fasiliteit verstaan, omdat dit gegaan het oor die waardige begrafnis van ons geliefdes.
“Die las om gestorwenes oor lang afstande te vervoer, het geweldige druk op beide families en wetstoepassingsagentskappe geplaas,” het Botshiwe gesê.
“Dit was daarom ons besluit om hierdie projek met N$4,5 miljoen te ondersteun.”
TRADISIONELE OWERHEID
Die Tsoaxudaman Tradisionele Owerheid se hoofman, Joshua Seibeb, het sy dankbaarheid teenoor die myn uitgespreek vir sy voortgesette ondersteuning van infrastruktuur vir gesondheidsorg op Otjimbingwe.
Vorige beleggings sluit ’n kraamsaal en kliniek in.
“In die verlede moes ons ’n voertuig huur om die oorskot van ons geliefdes na dorpe ver van ons af te vervoer. Dit was uiters moeilik vir diegene sonder geld en hulpbronne.
“Die nuwe geriewe maak die lewe soveel makliker. Nou kan ons ons geliefdes met waardigheid begrawe," het Seibeb gesê.
Hy het ook ’n beroep op plaaslike entrepreneurs gedoen om van die geleentheid gebruik te maak om begrafnisverwante dienste soos die maak van kiste en blommeruikers te verskaf en sodoende die plaaslike ekonomie ’n hupstoot te gee.
WAARDIG
Erongo se goewerneur, Neville André, was ook vol lof vir die nuwe ontwikkeling in die nedersetting.
“Vir te lank moes families in hierdie nedersetting belas word met die moeilike taak om hul gestorwe geliefdes na ander dorpe te vervoer, iets wat tot hul emosionele en finansiële laste bygedra het.
“Vandag is ek trots om te sê hierdie uitdaging is iets van die verlede. Die opening van hierdie lykshuis beteken ons gemeenskapslede het nou toegang tot waardige en broodnodige stoordienste hier by hulle,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie