The mother from Damara location, who allegedly lost her baby earlier this month due to unavailable ambulances in the Windhoek vicinity said the incident has left her traumatised and the whole scenario still plays out in her head each day. Photo FILE
The mother from Damara location, who allegedly lost her baby earlier this month due to unavailable ambulances in the Windhoek vicinity said the incident has left her traumatised and the whole scenario still plays out in her head each day. Photo FILE

Ma verloor baba glo weens onbeskikbare ambulanse

Mariud Ngula
"Wat daardie dag met my gebeur het, het ’n onuitwisbare merk gelaat."

So het die ma gesê wat vroeër vandeesmaand haar baba verloor het weens die beweerde onbeskikbaarheid van ’n ambulans.

Sy trek nou na die kus omdat sy nie meer in die huis kan bly waar sy haar kind verloor het nie. Sy sê egter sy koester geen wrok teenoor die nooddienste nie.

Dié vrou van die informele nedersetting Damara verkies om anoniem te bly uit vrees dat sy geviktimiseer sal word. Sy erken wel dat die voorval haar geweldig getraumatiseerd gelaat het en die hele scenario speel nog elke dag in haar gedagtes af.

"Dit het ’n tol geëis op my hele gesin en almal wat dit daardie dag aanskou het. Ek wil nie die ambulansdienste blameer nie, maar hulle het lank gevat,” het sy gesê.

Die voorval het haar glo gedwing om na die kus te trek.

"Ek het nog nie vir berading gegaan nie, maar ek is bereid om te gaan."

Toe sy gevra is oor die baba se pa, het sy gesê sy kan nie namens hom antwoord nie, aangesien hulle nie meer saam is nie. Sy weet nie hoe hy voel nie.

GEEN HULP

Die ma het vertel haar kontraksies het op die betrokke dag tussen 12:00 en 14:00 begin en haar water het omstreeks 15:00 gebreek waarna sy geboorte geskenk het.

Die plaaslike sakeman Freddy Gariseb het probeer om die ambulansdienste te bel.

“Ons het eers Stad Windhoek se nooddienste gebel vir ’n ambulans om ontplooi te word en haar na die hospitaal te neem aangesien die vrou reeds gekraam het toe ek op die toneel aangekom het. Ons het ook geen ervaring gehad om haar te help nie,” het hy gesê.

Gariseb het bygevoeg hulle is ingelig dat daar geen staatsambulanse beskikbaar was nie en is dus na ’n private ambulansdiens verwys. Volgens die stemopnames wat deur Gariseb gemaak is en deur Republikein se susterkoerant Namibian Sun gehoor is, het die private nooddiens wat hulle gebel het, ook nie enige beskikbare ambulanse gehad nie.

“[Ons ambulans] werk nie, meneer. Ek haat dit om dit te moet sê,” het ’n dame vir Gariseb in die stemopname gesê.

Hy het toe die polisie probeer bel en ’n polisievoertuig versoek om die vrou na die hospitaal te neem, in die hoop dat hulle sou weet hoe om die situasie van ’n pasgebore baba te hanteer. Hulle het eenvoudig gesê dit is nie ’n geval vir die polisie nie.

’n Ambulans het glo sowat drie uur ná die kind se geboorte daar aangekom. Die paramedici het glo vir Gariseb gesê die ambulans het van ’n ander dorp gery.

“Toe hulle op die toneel aankom, was die baba reeds dood,” het hy gesê.

Navraag oor die voorval is aan Thomas Ukola, die gesondheidsdirekteur in die Khomasstreeks, gerig. Hy is gevra of Windhoek ’n tekort aan ambulanse ervaar, maar hy was ongewillig om enige kommentaar oor te kwessie te lewer sonder dat die feite eers vasgestel is.

“Ons was onlangs baie besig. Ons sal terugkom na jou toe sodra ons meer inligting het,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!