PHOTO MEDICALNEWSTODAY
PHOTO MEDICALNEWSTODAY

Masels in Noorde bevestig

Meeste gevalle by 'n skool in Outapi-distrik
Namibië het tot 2016 gereeld uitbrekings van die siekte gehad.
Henriette Lamprecht
'n Uitbreking van masels is in die noorde van die land bevestig, met die meeste van die gevalle wat onder leerlinge voorkom.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sê sy gesondheidsdirektoraat in die Omusatistreek het op 1 Junie 'n maseluitbreking in die streek aangemeld, met 23 vermoedelike gevalle wat ondersoek is. Die meerderheid (14) was van die Outapi-distrik by 'n skool in die Olukekete-nedersetting, terwyl agt van die Tsandi- en een van die Okahao-distrik was.

Uit die vermoedelike gevalle het ’n laboratorium reeds vyf as masels bevestig. Vier van dié gevalle is van 'n skool naby die Angola/Namibië-grens. Volgens die ministerie het twee gevalle hul oorsprong in die Omakange-nedersetting in die Tsandi-distrik ook in die Omusatistreek. Tans kwalifiseer die aantal gevalle in dié streek nog nie vir ’n uitbreking nie. Die ouderdom van die bevestigde gevalle is onder 15 jaar en wissel tussen vyf maande en 12 jaar. Vier is meisies en twee is seuns. Almal is tans in ’n stabiele toestand, niemand is in ’n kliniek of hospitaal opgeneem nie en geen sterfte as gevolg van masels is nog aangemeld nie.

Volgens die ministerie is die indeksgeval ’n leerling van die gekombineerde skool Jerry Ekandjo in die Outapi-distrik. Die aanvang van simptome is aanvanklik op 3 April waargeneem by die leerling wat ’n skool in ’n nabygeleë nedersetting in Angola bywoon. Al die gevolglike gevalle en kontakte van dié skool het tydens April en Mei simptome gehad.

Masels is ’n hoogs aansteeklike siekte en tot 2016 het Namibië gereeld maseluitbrekings aangeteken. Dit was hoofsaaklik gedryf deur kinders in gemeenskappe wat nie al hul immuniserings ontvang het nie. ’n Uitbreking van masels is wanneer drie of meer gevalle van een geografiese gebied soos ’n distrik of gesondheidsgeriewe in ’n tydperk van ’n maand deur ’n laboratorium bevestig word.

Dit word hoofsaaklik deur hoes en nies of noue persoonlike of direkte kontak met besmette nasale of keelvloeistof versprei. ’n Besmette persoon kan vanaf vier dae voor die aanvang van ’n uitslag tot vier dae ná die verskyning van die uitslag die siekte oordra. Die uitbreking van masels kan volgens die ministerie talle sterftes veroorsaak, veral onder jong, ondervoede kinders. Die grootste risikogroepe is jong kinders en swanger vroue wat nie ingeënt is nie, sowel enige persoon wat ’n verswakte immuniteit het. Geen spesifieke behandeling is vir masels beskikbaar nie.

Die ministerie het ’n beroep op die publiek gedoen om goeie selfhigiëne te handhaaf en om te verseker kinder onder vyf jaar is teen die siekte ingeënt. Mense wat simptome toon, moet vir ten minste vyf dae of vir die tydperk van die uitslag isoleer. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!