NEW BREAKING NEWS_KING PRICE-02
NEW BREAKING NEWS_KING PRICE-02

Masels in Omusatistreek bevestig

Henriette Lamprecht
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sê sy gesondheidsdirektoraat in Omusati het op 1 Junie 'n maselsuitbreking in die streek aangemeld, met 23 vermoedelike gevalle wat ondersoek is. Die meerderheid (14) was van die Outapi-distrik by 'n skool in die Olukekete-nedersetting, terwyl agt van die Tsandi- en een van die Okahao-distrik was.

Uit die vermoedelike gevalle is vyf reeds deur 'n laboratorium bevestig as masels. Vier van dié gevalle is van 'n skool naby die Angola/Namibië-grens. Alle gevalle is stabiel en nie een is in 'n kliniek of hospitaal opgeneem nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer