Mediese stoor kry vrieskaste

Henriette Lamprecht
Toerusting ter waarde van meer as 'n miljoen Namibiese dollar is aan die sentrale mediese store in Windhoek geskenk om te keer dat medikasie bederf.

Die 26 mobiele vrieskaste en 21 stelsels wat temperatuur reguleer, is deur die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, Randy Berry, aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste oorhandig.

Die mobiele vrieskas kan maklik met 'n motor se battery herlaai word en handhaaf 'n temperatuur van -20 grade Celsius. Dit sal die ministerie help om entstowwe en ander medikasie oraloor die land te vervoer sonder dat die kwaliteit geraak word.

Die moniteringstelsels word by sleutelgesondheidsgeriewe in al 14 streke geïnstalleer om die temperatuur van pakhuise en vraghouers te monitor wat medisyne stoor. Sou die temperatuur die vereiste vlak verbysteek, gaan 'n alarm af en word 'n boodskap via SMS na die span gestuur. Dit stel gesondheidspersoneel in staat om die situasie te beredder, voordat die medisyne negatief geraak word. Die installering van die moniteringstelsels sal teen 9 April voltooi wees.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!