Mediese tenderaars kan hul saak stel
Ogone Tlhage – Maatskappye wat suksesvol aansoek gedoen en tenders ontvang het om die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste van mediese voorrade te voorsien, sal vandag en môre kans hê om die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) te oortuig waarom hy nie verskeie winsgewende kontrakte ter waarde van N$2,8 miljard wat vroeër vanjaar aan hulle toegeken is, moet kanselleer nie.
Amon Ngavetene, die waarnemende voorsitter van die CPBN, het gesê tenderaars sal ’n tweede kans kry wanneer hulle motiverings indien oor waarom die tender vir die voorsiening van kliniese voorrade, wat vroeër vanjaar baie omstredenheid uitgelok het, nie in sy geheel gekanselleer moet word nie.
“Ons gaan die bevel van die hersieningspaneel implementeer, wat basies beteken ons moet die tenderaars die reg gee om gehoor te word voordat ons besluit of ons voortgaan, of kanselleer,” het Ngavetene in ’n onderhoud met ons susterkoerant Namibian Sun gesê.
“Ons het reeds aan die aansoekers gekommunikeer dat hulle ’n voorlegging moet maak en redes moet verskaf waarom die direksie nie uiteindelik die tender moet kanselleer nie,” het hy gesê.
“Ons verwag die voorleggings voor of op 4 Augustus,” het Ngavetene bygevoeg.
ONWETTIGE KANSELLASIE
Die kansellasie van ’n tender vir die verskaffing van mediese voorrade aan die gesondheidsministerie was onwettig, het die CPBN se hersieningspaneel gesê.
Die CPBN het in Februarie die kansellasie aangekondig op grond daarvan dat “die totale koste van die betrokke tender die totale kosteberaming wat deur die openbare entiteit verskaf is, oorskry”.
Dit was gebaseer op Artikel 54(1)(b) van die Wet op Openbare Verkryging van 2015.
Kenandai Tjivikua, die voorsitter van die hersieningspaneel, het die mat onder die CPBN uitgepluk en gesê die besluit om die winsgewende tender te kanselleer, was onwettig. Dit volg op ’n appèl teen die kansellasie deur die voornemende verskaffer Taliindje Investments in Maart.
REUSE-TENDERS
Die raad het aansoeke om heroorweging ontvang van 29 tenderaars uit die 90 wat aan die bodproses deelgeneem het.
“Daarbenewens wil die CPBN die publiek inlig dat daar ’n verskil was in die aangevraagde hoeveelhede van item nommer 270 (weggooibare chirurgiese handskoene). Dit is as 30 miljoen aangegee terwyl die korrekte hoeveelheid 3 miljoen was. ’n Hersiene kennisgewing sal in hierdie verband uitgereik word. Die regstelling van die foute mag tot die vermindering van die bedrae lei – van honderde miljoene na bedrae in veelvoude van tien miljoen,” het hy bygevoeg.
Hy het opgemerk dat die tenderevalueringskomitee alle bieërs se dokumente beoordeel het volgens die dokumentasie wat aan die direksie voorgelê is.
“Die aansoekers moes finansiële state vir die afgelope twee jaar indien, waarvan alle aanbevole tenderaars aan hierdie vereiste voldoen het.
“Dit is ook nie waar dat een bieër net twee jaar gelede geregistreer is nie. Die dokumente in die raad se besit dui daarop dat die maatskappy reeds vir meer as twee jaar bestaan,” het Ngavetene gesê.
Die Verkrygingsraad se reaksie kom nadat ’n tender van N$650 miljoen vir die verskaffing van mediese voorrade aan Amnics Trading toegeken is – ’n stap wat met omstredenheid deur rolspelers in die bedryf begroet is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie