FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Mediese verhoor uitgestel tot Junie

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Verhoor voor die mediese en tandheelkundige raad oor bewerings van onprofessionele gedrag deur ’n psigiater moes uitgestel word, aangesien sy regsverteenwoordiger nie op die vasgestelde datums beskikbaar is nie.

Dr. Pieter van der Westhuizen, ’n psigiater van Swakopmund, moes die verhoor van 15 tot 19 April in Windhoek bywoon. Van der Westhuizen se regsverteenwoordiger het egter versoek dat dit weens ’n vorige verpligting na 10 tot 14 Junie uitgestel word.

Die verhoor wat nou vir Junie geskeduleer is, volg ses jaar nadat die raad vir gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) reeds in April 2018 bevestig het verskeie klagte van onprofessionele gedrag word teen Van der Westhuizen ondersoek.

Die verhoor deur die mediese en tandheelkundige raad spruit uit ’n saak waarin Van der Westhuizen tereggestaan het op vyf aanklagte – drie vir verkragting, een vir onsedelike aanranding en een vir poging tot moord en waarin hy onskuldig bevind is.

Die voorval wat tot die saak en ook die ondersoek en verhoor deur die mediese raad gelei het, het byna nege jaar gelede in November 2015 plaasgevind toe Van der Westhuizen ’n getroude vrou en ma van twee kinders na bewering ’n oordosis medikasie gegee het voor hy haar sou verkrag het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!