Medisyne in minder as ’n minuut
Elizabeth Joseph – Pasiënte wat chroniese medisyne gebruik sal voortaan in minder as ’n minuut hul medisyne kan ontvang met 19 Pelebox Smart Lockers wat deur die Amerikaanse president se noodplan vir MIV/vigs-verligting (Pepfar) en die Globale Fonds aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geskenk is.
Die sluitkassies is volgens die ministerie se senior apteker en nasionale koördineerder, Salamneh Wolkeba, ’n reusestap vir mense wat chroniese medisyne gebruik.
“As die persoon se gesondheidsorgverskaffer vertroue het dat hulle hul medikasie deur die Pelebox kan optel, dan kan hulle. Hulle het net ’n selfoon nodig,” het hy tydens die bekendstelling gesê.
Volgens Wolkeba sal pasiënte outomaties SMS-boodskappe ontvang wat ’n eenmalige PIN aan die pasiënte sal stuur wat hulle by die masjien kan gebruik.
Die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) het tegniese en finansiële ondersteuning aan die ministerie verskaf vir die bekendstelling van die sluitkassies.
Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, Randy Berry, het gesê: “Dit het etlike jare gekos om die projek op die been te bring, en ek bedank die span by die CDC vir hul toewyding om saam met kollegas van die ministerie van gesondheid te werk om hierdie dag moontlik te maak.
“Vir sommige mense is daar ’n vrees van stigmatisering wanneer medisyne opgelaai word. Die hindernisse is verskillend, uiteenlopend en dit raak almal in die samelewing.
“Ek is uiters trots om vandag hier te wees terwyl ons die Pelebox bekendstel, wat ’n nuwe opsie bied om van dié hindernisse te help oorburg,” het Berry gesê.
VERLIG LAS
Die gesondheidsminister, Kalumbi Shangula, het gesê hierdie innovasie sal help om die las op die land se reeds oorlaaide gesondheidsorgstelsel te verlig en te verseker dat pasiënte die sorg wat hulle benodig, betyds en doeltreffend ontvang.
“Hierdie masjiene is gebruikersvriendelik en is enige tyd toeganklik. ’n Belangrike faktor is dat die Pelebox-slimkluise die wagtyd vir pasiënte aansienlik sal verminder. In plaas daarvan om in toue by apteke en klinieke te staan, sal pasiënte reguit na die sluitkassies kan gaan en hul medikasie op hul gekose tye afhaal,” het hy gesê.
“Deur ’n maklike en toeganklike manier aan pasiënte te bied om hul chroniese medikasie af te haal, sal die sluitkassies die kanse verminder dat pasiënte hul doktersafsprake mis vir hul opvolgvoorskrifte, wat beter gesondheidsuitkomste tot gevolg sal hê,” het hy gesê.
Die sluitkassies is beskikbaar in die Katutura-hospitaal, Katutura-gesondheidsorgsentrum, Khomasdal-kliniek, Opuwo, Outapi, Oshikuku, Onandjokwe-staatshospitaal, Eenhana, Oshakati-staatshospitaal, Rundu, Katima Mulilo, Otjiwarongo, Grootfontein, Walvisbaai, Tamariskia-kliniek, Mariental, Keetmanshoop, en Epako.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie