Meer as 500 tienerswangerskappe in Oshikoto
Die Oshikotostreek het 'n toename in tienerswangerskappe aangeteken met 567 leerlinge wat tydens die 2022 akademiese jaar swanger geraak het. Dit is 'n styging van 67 teenoor die 500 tienerswangerskappe wat in die 2021 akademiese jaar aangeteken is. Die goewerneur van die Oshikotostreek, Penda Ya Ndakolo, het tydens sy streeksrede (SORA) gesê die streek het tydens dieselfde tydperk ook 'n totaal van 1 814 leerlinge aangeteken wat die skool verlaat het. Volgens hom is daar 'n dringende behoefte vir ouers en godsdienstige instellings om hul deel te doen om te verseker leerlinge verlaat nie permanent die skoolbanke nie, selfs in gevalle waar meisies swanger raak. Hy het beklemtoon die Onderwyswet laat leerlinge wat swanger raak toe om hul skoolloopbaan te voltooi.
"Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, het maatreëls implementeer om die uitdagings aan te spreek van tienerswangerskappe en leerlinge wat die skool verlaat. Dit sluit in die opleiding van onderwysers in lewensvaardighede vir graad 4 tot 7, die voorsiening van psigo-maatskaplike ondersteuning, loopbaanskoue in streke, asook die voortgesette professionele ontwikkeling van personeel," het Ya Ndakolo gesê.
In die lig van bogenoemde is dit vir hom hartseer dat ten spyte hiervan tienerswangerskappe en die aantal skoolverlaters in streek steeds hoog bly.
"As ouers, voogde en lede van gemeenskappe moet ons aktief betrokke wees om te verseker kinders voltooi hul skoolloopbaan en met die klem dat hul lewenskwaliteit grootliks afhang van hul vlak van onderrig," het hy gesê.
Ander uitdagings wat onderwys in die streek in die gesig staar, sluit volgens Ya Ndakolo ou infrastruktuur, oorvol klaskamers, 'n gebrek aan water en krag by sommige skole, sowel as swak vakmanskap deur sommige kontrakteurs in.
"Ek wil 'n beroep doen op inspekteurs van werke, sowel as beamptes wat aankope doen om te verseker dat die kwessie van swak vakmanskap en om 'n bouprojek net te verlaat, nie net so gelos word nie. Ons kan nie bekostig om die reeds skamele hulpbronne te mors op mense wat nie ernstig oor dienslewering is nie," het hy gemaan. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie