FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Meer eise, minder bydraes

Onvolhoubaar op medium, lang termyn
Private mediese fondse wend hul voortgeset tot hul reserwes om voordele vir gesondheidsorg te finansier.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die voortgesette groei in die koste van gesondheidsorg laat gevaarligte vir private mediese fondse flikker.

Dit ten spyte van bates in reserwes met ’n geraamde waarde van sowat N$1,7 miljard op 20 September verlede jaar en wat voldoende is om enige negatiewe eise te kan dra wat uit verhoogde aanspreeklikhede voortspruit.

Volgens Uatavi Mbai, die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (NAMAF) se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie en belangegroepverhoudings, staar private mediese fondse uitdagings in die gesig omdat fondse meer geld aan eise bestee in vergelyking met die bydraes wat oor die laaste ses maande in die laaste kwartaal van 2022 en die eerste kwartaal van dié jaar ingesamel is.

Mbai verduidelik die ideale koers vir fondse is 85% wat op gesondheidsorgkoste en –eise bestee word, 10% op administrasie en 5% vir reserwes en/of beleggings.

“Die ervaring tans is dat alle mediese fondse voortgeset hulle tot hul reserwes wend om voordele vir gesondheidsorg te finansier wat nie in die medium of lang termyn volhoubaar is nie,” het sy gesê.

Volgens haar verlig die finansiering van mediese fondse die las op oorlaaide nasionale gesondheidsorg deur lede toegang te gee tot die jongste gesondheidsorg en diensverskaffers toe te laat om hul beroepe te beoefen of hul dienste aan te bied.

“Met die toename in die aantal spesialiste en private hospitale in Namibië het die gesondheidsorglandskap verander. Om ons rol te verstaan om die groei in eise te vertraag, behels om te verstaan wat gesondheidsorgkoste dryf en hoe om daardie dryfvere doeltreffend te bestuur.”

Dit sluit in ’n begrip van die relatiewe belangrikheid van dryfvere van gesondheidsorg wat onder meer die ontwerp van voordele, prysinflasie, aansporings vir verskaffers, verbruikers-geïnduseerde aanvraag en tegnologiese groei insluit.

“Om die bedryf se volhoubaarheid te verseker, moet elke sleutelrolspeler hul rol verstaan en ken en hoe hulle positief kan bydra om die volhoubaarheid van finansiering te verseker. Die vraag wat elke sleutelrolspeler homself moet vra is, “hoe kan ek help om die volhoubaarheid van die gesondheidsfinansieringsbedryf te verseker.”

Mbai sê Namaf is besig om strategieë in plek te stel om die toekomstige volhoubaarheid van die bedryf in die belang van alle rolspelers, insluitend mediese fondse, diensverskaffers en lede van mediese fondse te verseker.

Volgens haar het alle Namaf-geregistreerde mediese fondse hulself daartoe verbind om saam te werk om oplossings te vind en te implementeer deur middel van ingrypings op bedryfsvlak te bedink deur ’n Memorandum van Verstandhouding (MoU) aan te gaan. Werkwinkels word ook vir Junie beplan waartydens die fondse en die bestuurskomitee strategieë sal uitstip om die toekomstige volhoubaarheid van die bedryf te verseker.

Namaf gaan ook gasheer wees van ’n reeks webinaars met die bedryf om rolspelers op hoogte van ingrypings te hou.

Die datums hiervoor sal op die webtuiste www.namaf.org.na bekend gemaak word.

[email protected]

Kommentaar

Magriet H 1 Jaar Gelede26 April 2023

Hou op met onnodige sportborgskappe

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!