FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Meerderheid vra (nou) bybetalings

Nóg verskaffers, nóg lede geraadpleeg
Daar is 'n groeiende besef in die private gesondheidsbedryf dat regstappe dikwels die enigste manier beskikbaar is wanneer 'n misbruik van openbare mag in die gesig gestaar word, sê die NPPF.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die Vereniging vir Namibiese mediese fondse (Namaf) mag nie tariewe hef van verskaffers van gesondheidsdienste vir die uitreik of jaarlikse hernuwing van hul praktyknommers nie.

Die Namibië Private Praktisynsforum (NPPF) het reeds tien jaar gelede in Februarie 2014 Namaf ingelig dat die vereniging geen wetlike basis of reg het om dié tariewe te hef nie. Dit is deur ’n regsopinie beaam wat Namaf onlangs bekom het.

“Vir byna 20 jaar het Namaf hierdie gelde gevra sonder dat hulle daarop geregtig was. Diensverskaffers het geen ander keuse gehad as om te betaal nie,” sê die NPPF.

Die meeste deelnemers aan ’n onlangse opname deur die forum en wel 91% was ook van mening dat Namaf nie ’n terugbetaling van die onregmatige tariewe aan verskaffers sal doen nie. Byna 60% was gewillig om finansieel by te dra om regstappe teen Namaf te begin vir die terugbetaling van die tariewe wat gehef is.

Sowat 71% van verskaffers het volgens die opname begin om bybetalings van mediesefondslede te vereis of hul bybetalings verhoog. Dit ná Namaf besluit het om nié standaardtariewe te verhoog nie. Dit beteken volgens die NPPF dat sowat 71% van lede en begunstigdes van private mediese fondse negatief geraak word, buiten die beduidende verhogings op hul maandelikse premies wat sedert 1 Januarie vanjaar geld.

Die private gesondheidsbedryf is volgens die opname grootliks in ooreenstemming dat Namaf hulle nie geraadpleeg het voor die besluit geneem is om nie die tariewe vir vanjaar te verhoog nie. Ook is byna 100% nie bewus daarvan dat Namaf hul pasiënte en lede van die fondse vooraf oor die besluit ingelig het nie.

Meer as 75% stem nie saam met die stelling dat die registrateur van mediese fondse verantwoordelik en vanuit ’n goed ingeligte posisie lede se voordele goedkeur nie. Ook voel 85% Namaf probeer om beroepslui in die private gesondheidsbedryf te reguleer.

Die opname onder lede het gefokus op die verskaffing van gesondheidsorg wanneer “finansierders nie meer finansier nie” en sê daar is “aansienlike welwillendheid” onder verskaffers in die private sektor om verskeie wetlike en ander inisiatiewe te finansier teen verskeie partye in die finansieringsbedryf.

“Dit dui op toenemende frustrasie in die bedryf en ’n groeiende besef dat regstappe dikwels die enigste manier beskikbaar is wanneer ’n misbruik van openbare mag in die gesig gestaar word,” sê die forum.

Sowat 79% van respondente het tans ’n kontrak met Psemas, ’n afname van 11,5% teenoor 2020. Sowat 18% het die afgelope drie jaar doelbewus die aantal Psemas-pasiënte verminder wat hulle bereid is om te behandel, terwyl 9% sê hulle gaan in die toekoms nie meer dié pasiënte behandel nie. Ongeveer 93% sê die standaardtariewe wat gebruik word, is onvoldoende om ’n praktyk te ondersteun. Die meerderheid is dit ook eens dat dit “betreurenswaardig is dat die regering van die private gesondheidsbedryf verwag om sy toewyding teenoor sy werknemers te subsidieer”.

Volgens sommige verskaffers het hulle deur die jare aansienlike beleggings gemaak om Psemas-begunstigdes te kan help en dat die regering hulle nou in ’n baie moeilike finansiële posisie geplaas het deur nie die regmatige verwagting te eerbiedig dat die regering deurlopend billike vergoeding sal verseker vir dienste wat gelewer word nie.

Volgens die NPPF raak die behandeling van Psemas-pasiënte onder die Psemas-kontrak toenemend onvolhoubaar. Die aantal gesondheidsdiensverskaffers wat ’n kontrak met die staat se mediese fonds het, neem ook af, met gekontrakteerde verskaffers wat aktief die aantal Psemas-begunstigdes verminder wat hulle bereid is om te behandel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!