Dr Esperance Luvindao is 'n mediese dokter, gesondheidsfilantroop en die stigter van Osaat Africa Health Foundation. Foto verskaf
Dr Esperance Luvindao is 'n mediese dokter, gesondheidsfilantroop en die stigter van Osaat Africa Health Foundation. Foto verskaf

Menga se toetsfase suksesvol

Kristien Kruger
’n Digitale oplossing vir gesondheidskwessies met die doel om pasiënte oraloor semi-landelike gebiede en voorstede in Afrika te help om toegang tot voorskrifmedikasie te kry sonder om lang afstande te reis, word vandag bekend gestel.

Menga is ’n stelsel wat vandag gelyktydig in ses Afrikalande onthul word.

Die Menga-stelsel is deur dr. Esperance Luvindao geskep en dié stelsel beoog om die konvensionele metodes van konsultasie en die verkryging van medikasie te verbeter.

Die stelsel word in samewerking met die Osaat Africa Health Foundation en Menga Healthcare Foundation bekend gestel.

“Met die stelsel se ontwikkeling wat reeds jare gelede begin het, is die toetsfase suksesvol by Menga Healthcare se fasiliteite uitgevoer.

“Met die intellektuele eiendom van die konsep en innovasie wat aan dr. Luvindao gekrediteer word, is die huidige wens om die stelsel vir openbare gebruik in Namibië bekend te stel sodra die wetgewing oor telemedisyne in die land gefinaliseer is,” lui ’n mediaverklaring wat gister uitgereik is.

Die proses sal behels dat pasiënte telefonies met die dokter konsulteer deur ’n boodskapstelsel wat nie internetverbinding benodig nie, waarna hulle toegang tot hul medikasie sal kan kry deur ID-skandering, vingerafdrukskandering of ’n kode.

“As dit in plaaslike supermarkte en diensstasies opgestel word, kan Menga verseker dat die hele proses aan die pasiënt se kant nie internetverbinding vereis nie,” verduidelik die verklaring.

Luvindao het egter samesprekings met twee ander lande begin en volgens die verklaring sal die publiek in kennis gestel word wanneer die implementering sal begin.

“Menga het ten doel om die gaping tussen die gehalte van gesondheidsorg wat gebied word aan diegene van laer sosioëkonomiese groepe teenoor dié wat aan hoër sosioëkonomiese groepe gebied word te verminder deur tydige konsultasie en die verkryging van medikasie te verseker.”

Die stelsel beloof om mense toegang tot ’n dokter en medikasie te bied in ’n stelsel wat niemand uitsluit nie.

Dit het ook ten doel om pasiënte in staat te stel om toegang tot hul medikasie in hul moedertaal te verkry, wat die hindernis van taal hokslaan.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!