Ter illustrasie Foto argief
Ter illustrasie Foto argief

Miljoene babas word nie ingeënt

Waarskuwing vir kindergesondheid
Die grootste volgehoue afname in kinderimmunisasie in 'n generasie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Die grootste volgehoue afname in die immunisering van kinders in sowat drie dekades, met meer as 25 miljoen kinders wat verlede jaar nie die drie dosisse van die entstof teen difterie (witseerkeel), tetanus (klem-in-die-kaak) en pertussis (kinkhoes) (DTP3) ontvang het nie.

Laasgenoemde is ’n merker vir immuniseringsdekking in lande en ook oraloor die wêreld.

Volgens amptelike data van Unicef en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die persentasie van kinders wat DTP3 ontvang het, met vyf persentasiepunte tussen 2019 en 2021 tot 81% gedaal.

Die daling is weens verskeie faktore insluitend die verhoogde aantal kinders wat in konflik en kwesbare omgewings woon waar toegang tot immunisering dikwels ’n uitdaging is.

Toenemende waninligting en Covid-19-verwante kwessies soos onderbrekings in dienslewering en verskaffing, hulpbronne wat eerder gebruik is vir die pandemie, sowel as beheermaatreëls het toegang en beskikbaarheid gekortwiek.

“Dit is ’n rooi waarskuwing vir kindergesondheid. Ons sien die grootste volgehoue afname in kinderimmunisasie in ’n generasie. Die gevolge sal in hul lewens gemeet word,” het me. Catherine Russell, Unicef se uitvoerende direkteur gesê.

“Covid-19 is nie ’n verskoning nie. Ons het nodig dat immuniserings opgevang word vir die miljoene wat agterweë gelaat is of ons gaan onvermydelik meer uitbrekings, meer siek kinders en groter druk op ons gesondheidstelsels sien wat reeds druk ervaar,” het sy gesê.

Die meeste van die kinders wat nie ’n enkele dosis DTP ontvang het nie en wel 18 uit die 25 miljoen, woon in lae- en middelinkomstelande waaronder Ethiopië en Nigerië. Mosambiek is ook een van die lande wat die hoogste toename gehad het in die aantal kinders wat nie tussen 2019 en 2021 ’n enkele entstof ontvang het nie. Wêreldwyd het meer as ’n kwart van die dekking van menslike papilloma virus (HPV)-entstowwe teen servikale kanker wat in 2019 bereik is, verlore gegaan. Volgens Unicef het dit verreikende gevolge vir die gesondheid van vroue en meisies.

Wêreldwye dekking van die eerste dosis van die HPV-entstof is net 15%, ten spyte van die feit dat die eerste entstowwe reeds 15 jaar gelede gelisensieer is. Die hoop was dat 2021 ’n jaar van herstel sou wees waartydens programme weer herbou sou word en die groep kinders wat die vorige jaar op inentings uitgemis het, weer hul dosisse kon inhaal.

In plaas daarvan is DTP3-dekking terug na sy laagste vlak sedert 2008 wat die bereik van die verwante Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) nog verder in die toekoms plaas.

Unicef maan die daling in immuniseringsdekking vind plaas teen ’n agtergrond van koerse vir ernstige akute wanvoeding wat dramaties styg. ’n Ondervoede kind het reeds ’n verswakte immuniteit en deur inentings te mis, kan ’n algemene kindersiekte vinnig vir hulle dodelik raak.

“Die beplanning en hantering van Covid-19 moet hand aan hand gaan met immunisering van dodelike siektes soos masels, longontsteking en diarree,” sê die WHO se direkteur-generaal, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus.

Hy het beklemtoon dit is moontlik om beide gelyk te doen. Hy het verwys na Uganda wat daarin kon slaag om hoë vlakke van dekking in roetine immuniseringsprogramme te handhaaf, terwyl dit steeds ’n geteikende inentingsprogram teen Covid-19 uitgerol het om prioriteit bevolkings en waaronder hul gesondheidswerkers te beskerm.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!