FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Miljoene kinders nie ingeënt

Verdeling van hulpbronne
Vrees en waninligting oor alle tipes entstowwe is so wyd soos die Covid-19-virus self gesirkuleer.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – In die meeste lande in die wêreld het burgers onder die ouderdom van 35 en vroue ná die Covid-19-pandemie minder vertroue in entstowwe vir hul kinders.

’n Afname in vertroue is een van die faktore waarom sowat 67 miljoen kinders een of drie inentings die afgelope drie jaar misgeloop het. Die ander faktore sluit in gesondheidstelsels wat onder druk is, ’n verdeling in skaars hulpbronne, sowel as konflik en onrus.

Volgens Unicef se jongste verslag wat fokus op die wêreld se kinders en immunisering, het die openbare opvatting oor die belangrikheid van inenting vir kinders tydens die pandemie afgeneem in 52 uit 55 lande wat in die studie opgeneem is.

Namibië vaar relatief goed om kinders jonger as een jaar te bereik, met ’n dekkingskoers van 90%. Volgens amptelike data is daar egter ’n beduidende uitdaging in die tweede jaar van kinders se lewens, met die tweede dosis van die maselsentstof wat net 63% van kinders in 2020 en 2021 gedek het.

In lande soos Korea, Papoea-Nieu-Guinee, Ghana, Senegal en Japan het die vertroue in inentings met ’n derde afgeneem. Volgens die data wat deur die Vaccine Confidence Project ingesamel is, was China, Indië en Mexiko die enigste lande waar dit konstant gebly of verbeter het.

Die verslag maan egter bykomende data en verdere ontleding is nodig om te bepaal of die bevindinge ’n aanduiding is van ’n langtermyntendens.

Verskeie faktore wys egter dat die bedreiging van ’n weerstand teen entstowwe besig is om te groei. Die faktore sluit in onsekerheid oor die reaksie tot die pandemie, stygende toegang tot misleidende inligting, vertroue in kundigheid wat afneem en politieke verdeeldheid.

“Tydens die kruin van die pandemie het wetenskaplikes baie vinnig entstowwe ontwikkel wat ontelbare lewens gered het. Ten spyte van dié geskiedkundige sukses, is vrees en waninligting oor alle tipes entstowwe so wyd soos die virus self gesirkuleer,” sê

Catherine Russell, Unicef se uitvoerende direkteur.

“Hierdie data is ’n kommerwekkende teken. Ons kan nie toelaat dat vertroue in roetine-inentings nog ’n slagoffer van die pandemie raak nie. Anders gaan die volgende golf sterftes meer kinders met masels of ander voorkombare siektes wees.”

Tussen 2019 en 2021 het die dekkingskoerse in 112 lande afgeneem.

In 2022 het die aantal gevalle van masels meer as verdubbel teenoor die vorige jaar. Die aantal kinders wat weens polio verlam gelaat is, het in 2022 met 16% gestyg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!