Minister sê môre oor ingewandekoors, hepatitis E
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sal môre meer bekend maak oor 'n uitbreking van ingewandekoors in Windhoek. Shangula sal ook volgens 'n ministeriële uitnodiging 'n einde aan hepatitis E verklaar.
Die uitvoerende direkteur in die ministerie, me. Petronella Masabane, het vroeër bevestig stoelgangmonsters uit verskeie streke is na laboratoriums gestuur om te bepaal wat die oorsaak van die hoë voorkoms van onder meer erge diarree en braking onder inwoners is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie