health
health

Ministerie kan medisyne koop

Gesondheid kry groen lig by Shiimi
Die gesondheidsministerie gaan gebuk onder mediese voorraadtekorte wat tans meer as 1 300 kernprodukte beloop.
Jemima Beukes
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het die groen lig gekry om mediese voorrade ter waarde van N$1,7 miljard direk aan te skaf nadat hy gedwing is om vrystelling van die tesourie te versoek ná ’n stilstand in verskeie tenderprosedures wat in hofsake verstrengel is.

Die tenders wat tans so ver terug as 2022 uitstaande is, is die tender vir kliniese voorrade, die omstrede “kondoomtender”, die farmaseutiese tender en die tender vir die voorsiening van maaltye volgens dieetbehoeftes vir pasiënte in die Erongostreek.

“Daar moet kennis geneem word dat dit van hoë waarde is, buite die ministerie se verkrygingsdrempel, en daarom is dit deur die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië uitgevoer.

“Die ministerie het tans geen tender in die hof wat onder die verkrygingsdrempel is nie,” het Ben Nangombe, die ministerie se uitvoerende direkteur, gesê.

Hy het bygevoeg dat die ministerie gebuk gaan onder hierdie mediese voorraadtekorte wat tans meer as 1 300 kernprodukte beloop wat nodig is vir die bedrywighede van gesondheidsfasiliteite landswyd.

“Die [gesondheids]ministerie het die ministerie van finansies genader vir die vrystelling van N$1,38 miljard en N$35 miljoen en minister Iipumbu Shiimi het positief gereageer.

“Die ministerie van gesondheid is nou besig om die nodige items aan te koop, spesifiek dié wat uit voorraad is of vlakke bereik het waar die medikasie aangevul moet word.

“Ons koop hierdie items van plaaslike en internasionale vervaardigers aan. Neem ook kennis dat hierdie items teen ’n hoë waarde aangekoop word as gevolg van die huidige druk om die items aan te koop en dit mag dalk met lugvervoer moet kom en dit kom teen ’n prys,” het hy gesê.

Dit volg op talle Network Media Hub-berigte oor die tekort aan medisyne by staatsgeriewe, insluitend onlangse berigte dat daar ’n beduidende vraag is na prostaatkankermedikasie, wat na bewering reeds meer as drie maande gelede uit voorraad is, en verkryging het tot stilstand gekom.

Dit sluit ook die erntige tekort aan kritieke medisyne, kliniese voorrade en hulpmiddels soos krukke en prostetiese ledemate in, ’n situasie wat hoofsaaklik deur talle hofgeskille veroorsaak word.

NMH het onlangs berig dat ’n tekort aan adrenalien, antibiotika en morfienmedikasie ook ervaar word.

Adrenalien word gebruik vir pasiënte wat aan hartstilstand en ernstige asemhalingsprobleme ly, terwyl morfien hoofsaaklik aan kankerpasiënte toegedien word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!