‘Moenie Tsumeb se water drink’
Kook dit éérs, sê dorpsraad
Dundee Precious Metals het sy werknemers in kennis gestel dat dit tydens roetinetoetsing van die dorp se water ontdek het dat die mikrobiologiese vlakke dit ongeskik vir menslike gebruik maak.
Inwoners van Tsumeb word aangeraai om alle water te kook voordat hulle dit drink, terwyl die munispale raad besig is om toetse op die gehalte van die dorp se drinkwater uit te voer.
Dit volg nadat Dundee Precious Metals verlede Woensdag sy werknemers en kontrakteurs in ’n brief in kennis gestel het dat die maatskappy tydens roetinetoetsing van die dorp se water vasgestel het dat dit nie geskik vir menslike gebruik is nie.
Dit is weens die mikrobiologiese gehalte van die water.
Zebra Kasete, Dundee se visepresident en besturende direkteur, het in die brief gesê terwyl hulle skoon water aan hul werknemers op die werksperseel beskikbaar sal stel, het die maatskappy in verbinding met die dorp se munisipaliteit getree om die kwessie te takel – veral as dit by die verskaffing van water aan die dorp kom.
Die munisipaliteit het intussen in ’n mediaverklaring gesê hulle neem die toetsuitslae ernstig op en is besig om sy eie toetse op die dorp se water te doen.
“Die dorpsraad sal die resultate aan die publiek kommunikeer sodra dit beskikbaar is,” lui die verklaring.
Inwoners word aangeraai om die water te kook voordat hulle dit drink en die munisipaliteit het om verskoning gevra vir die ongerief wat dit mag veroorsaak.
Intussen maak Dundee self voorsiening vir sy werknemers en word gebruik gemaak van ’n plaaslike verskaffer vir drinkwater, wat sowat 4 000 liter water per dag sal verskaf. Werknemers se waterbottels word by Dundee se gimnasium afgelaai en hulle kan daar veilige en vars water ontvang.
“Baie dankie vir die span wat onverpoosd werk om seker te maak ons werksplek se gesondheid en veiligheid word nie ingeboet nie,” het Kasete gesê.
Intussen is inwoners ontsteld oor die nuus en het talle in die sosiale media gevra hoe lank die water al besoedel is.
“Dit is onaanvaarbaar,” het een inwoner gesê, terwyl ’n ander wou weet of die munisipaliteit hul mediese onkostes gaan dek.
Ander het gesê hulle behoort minder vir “besoedelde water” te betaal.
Nog ’n bekommerde inwoner sê hy is reeds op skool geleer om water te kook voordat hy dit drink.
“Dit is meer as tien jaar gelede . . . Gaan asseblief dokter toe, julle wat ongekookte water in Tsumeb gedrink het. Ek dink Tsumeb se munisipaliteit moet die inwoners ondersteun in hul mediese onkoste. Kook die water, selfs voor julle daarin bad!”
Nog ’n inwoner meen hy sou al lankal doodgegaan het as die water onveilig was en het mense wat bekommerd is daaroor, aangeraai om watermonsters na ’n laboratorium te neem vir toetse.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie